MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 39

LANDBOU
LANDBOU

“ Ons is beslis nie’ n pakstoor nie, net’ n koelstoor,” sê Willem.“ Ons ontvang die gepakte druiwe in kartonne van produsente en pakstore in die vallei, laat dit eers vooraf afkoel, koel dit dan verder af en berg dit totdat dit vervoer word – meestal na die Kaapstad-hawe vir uitvoer.”

Snags op volle spoed

Noukeurige rekordhouding is een van die kernfunksies van die besigheid. Elke vrag word aangeteken sodat werkers presies weet wat ontvang is, waar dit staan en wat uitgelaai moet word.

Die meeste van die aksie gebeur snags, terwyl die dag vir beplanning, bestuur en vergaderings gebruik word. Snags is dit’ n miernes van bedrywighede, met tientalle vurkhysers wat tussen die koelkamers beweeg om druiwe te verskuif en houers te laai.

2.

2. Hexkoel hanteer ongeveer 124 milj. palette per seisoen, met ongeveer 180 kartonne van 4,5 kg per palet.

MARKtoe! April 2026 39