MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 38

LANDBOU
LANDBOU

1.

WILLEM STEENKAMP | HEXKOEL

Neffens Agrimark Orchard in die Hexriviervallei is Hexkoel,‘ n reuse-verkoelingsaanleg en bergplek vir die vallei se tafeldruiwe. Die koelkamers speel’ n krities belangrike rol in die waardeketting van tafeldruiwe wat vir uitvoer bestem is.

Willem Steenkamp, algemene bestuurder van Hexkoel, lei in seisoentyd’ n span van sowat 195 mense, van wie 22 permanent is. Tydens die sitruspakseisoen word nog ongeveer 40 seisoenale werkers bygevoeg.

Hexkoel het sowat 170 aandeelhouers, meestal tafeldruifprodusente uit die vallei. Die onderneming is in 1980 as’ n koöperasie gestig deur lede wat’ n behoefte aan dié diens gehad het en funksioneer vandag as’ n private maatskappy.

1. Willem Steenkamp, bestuurder van die Hexkoel-koelkamers.

38 MARKtoe! April 2026