MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 34

LANDBOU
LANDBOU

8.

Korter oesvensters, groter druk

“ Die snoeiers moet weet wat hulle doen. Daar is nie’ n vaste datum waarop jy begin nie. Die ou mense het altyd gesê: if you cut early, you cut wood; if you cut late, you cut fruit. Ons probeer’ n egalige bot kry en gebruik’ n middel om die wingerde twee tot drie weke voor bot te stimuleer. Jy kan nie wag tot die laaste week nie, want jy kan nie die hele plaas so vinnig snoei nie. In die Hex begin ons gewoonlik van einde Junie tot begin Julie, gebaseer op ervaring van vorige jare.”

Gepols oor die vroegste tafeldruifstreek, verwys hy na die Aussenkehr-streek, wat gewoonlik eerste oes lewer.

“ Maar dit is vreemd dat, as daar in sekere jare ligte oeste in die Aussenkehr- of Oranjerivierstreek is, dit hier ook so is, en as die manne daarbo sê die druiwe het nie gewig nie, spoel dit deur hierheen. Hoekom, weet ek nie.”

8. Teerpale is gereed vir gebruik in beskermende plastiekstrukture.

34 MARKtoe! April 2026