Kanetvlei boer op 70 ha met tafeldruiwe. Ongeveer 9 % is swart druiwe, hoofsaaklik Sable, 34 % is wit en 56 % is rooi.
Robert sê dit bly moeilik om die regte kultivars vir die mark te kies, maar produsente moet bybly.
“ Ons werk op’ n 7 %-rotasiestelsel per jaar, so ons kan redelik gereeld nuwe kultivars inbring. Jy kyk wat die mark wil hê, en as’ n nuwe aanplanting ná vier of vyf jaar nie werk nie, oorweeg jy iets anders. Sommige kultivars doen nie oral ewe goed nie. Swart druiwe is tans minder gewild en die mark verkies meestal wit of rooi. Crimson bly steeds die gewildste rooi kultivar.”
Die laaste druiwe word tans afgesny, waarna die voorbereiding vir die volgende seisoen begin. In Junie begin die snoeiprogram.
7. Rewaldo Williams, Bonita Steyn en Tollie Ludix is van die staatmakers op Kanetvlei en vervul leiersrolle in die pakstoor en die res van die plaas.