en dit het nie veel van’ n invloed gehad op blokke met nette of plastiek oor nie. Die nette keer dat hael nie die plastiek stukkend slaan nie. Aan die einde van die seisoen, soos wat ons nou doen, word die plastiek en nette saam opgerol en vir volgende jaar se gebruik gestoor. Die plastiek word effens hoër as die wingerdstokke aangebring om lugvloei bo-oor die wingerde te verseker.”
Robert verduidelik dat die struktuur van wingerdopleidings sterker moet wees om die plastiek te kan dra.
“ Dit is duur. Die totale koste beloop omtrent R325 000 per hektaar vir die stelsel wat ons tans gebruik. Ons koop die materiaal by Agrimark Orchard en gebruik ons eie spanne om dit op te sit. Dit is’ n risiko-bestuurstelsel waarsonder ons nie meer kan klaarkom nie. Die plastiek het homself vanjaar reeds betaal omdat dit’ n hoëwaardeproduk beskerm het.”
6.
6. Kanetvlei se moderne pakstoor bied in die pakseisoen werksgeleenthede aan honderde werkers van die vallei.