Volgens hom moet logistiek in die bedryf egter verbeter as Suid-Afrikaanse produsente mededingend wil bly.
“ Ons paaie is nog redelik goed, maar die Kaapstad-hawe bly’ n groot kopseer. Dit belemmer die tempo waarteen vrugte die markte bereik.” Hy glo ook dat motivering op’ n plaas by die bestuur begin.“ As die reën druiwe laat bederf en die pakstoorwerkers sukkel om alles uit te knip, kan jy nie negatief raak nie. Dit syfer deur na jou mense. Ons twee voormanne, Tollie en Waldo, help baie om dinge glad te laat verloop.”
Plastiek en nette as beskerming
“ Nog’ n groot uitdaging is die weer. Ons gebruik tans nette en plastiekseile bo-oor die wingerde om die druiwe teen die reën te beskerm. Gelukkig het ons net’ n bietjie hael gekry
5. Die tafeldruifwingerde gaan nou in’ n rusfase voordat dit gesnoei en weer vir die volgende seisoen voorberei word.