MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 30

LANDBOU
LANDBOU

“ Ons mense is deel van die toekoms van die plaas én die bedryf. Tegnologie verander vinnig en ons moet dit gebruik om met presisie-boerdery ons produksie so ekonomies moontlik te bestuur. Ons lei mense self op en stuur hulle gereeld op kursusse. Dit help hulle om hulself te verbeter en nuwe geleenthede te skep.

“ Dit is ook verblydend om te sien dat die jonger geslag produsente wat ná hul tersiêre opleiding plaas toe kom, innoverend dink en nuwe tegnologie implementeer om produksie te verbeter. Daar is’ n klem op professionaliteit en die jong produsente bring nuwe energie na die vallei, en dus na die bedryf, en dit is baie bemoedigend,” sê De Wet, wat self’ n vyfdegeslagprodusent op Kanetvlei is.

Hy glo dat invloede soos klimaatsverandering’ n werklikheid is en dat hulle daarby sal moet aanpas.“ Gelukkig is hier mense soos Chris Rabie van Buffelskraal in die vallei wat baanbrekerswerk gedoen het met die gebruik van plastiek om die wingerde te beskerm, en ons volg sy voorbeeld met groot sukses.”

4.

4. Die wingerde op Kanetvlei.

30 MARKtoe! April 2026