by Hexkoel begin werk. Sy eerste groot blootstelling aan tafeldruiwe was by oom Leon Viljoen, waar hy in’ n kort tyd baie geleer het. Daarna het hy by nog twee produsente gewerk voordat hy by Kanetvlei aansoek gedoen het. Sedertdien bestuur hy al 5 jaar die operasionele kant van die plaas vir De Wet Conradie.
Kultivarkeuses onder markdruk
Kanetvlei plant verskillende tafeldruifkultivars en pak ook self. Die vrugte word deur Exsa of Delecta uitgevoer.
“ Autumn Crisp, Timpson en Crimson is tans ons beste kultivars. Ons plant ook nou ARD 35 van TopFruit en Sugra 56 van Sun World, wat belowend lyk. Autumn Crisp doen besonder goed by ons, veral omdat ons dit die laaste twee jaar onder plastiek verbou. Die plastiek het’ n baie positiewe invloed op kleur, groei en opbrengs en maak dat die druiwe
3. Van die plaasgeboue op Kanetvlei is van die oudste in die Hexriviervallei en die eienaar, De Wet Conradie, is reeds die vyfde geslag wat hier met tafeldruiwe boer.