MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 26

LANDBOU
LANDBOU

Boer vir’ n natter werklikheid

“ Ons glo nie regtig aan sakkies en kappies oor die trosse om dit droog te hou nie. Ons glo meer aan permanente nette of plastiek. Water kom dikwels bo in en gaan lê dan op die trosse, wat probleme veroorsaak. Met sakkies kan jy ook nie behoorlik spuit nie, al kry sommige boere dit reg. Dit is boonop baie arbeidsintensief. Hier is produsente wat tot 2,5 milj. sakkies om hul druiwe moes sit en nou ook kyk na meer permanente strukture.”

Volgens Robert moet produsente aanpas by veranderende klimaatstoestande en alles probeer om hul oeste te beskerm.

Hy vertel dat Kanetvlei genoeg water het. Dit kom hoofsaaklik uit ondergrondse bronne soos fonteine, met enkele boorgate as bykomende bron. Die fonteine voorsien die meeste van die water, terwyl die boorgate net gebruik word wanneer dit nodig raak.

Robert het in 2000 op Kanetvlei begin, nadat hy by verskeie ander produsente in die vallei gewerk het. Hy kom oorspronklik van Touwsrivier en het ná sy weermagopleiding

26 MARKtoe! April 2026