MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 28

LANDBOU
LANDBOU

drie tot vier weke later geoes kan word. Dit bly een van die beste wit pitlose kultivars vanweë die groot korrels, die crispy tekstuur, goeie smaak en laat rypwording. Dit word hoofsaaklik na die VK en die EU uitgevoer.”

Van wingerd tot pakstoor

Volgens Robert is die geheim van’ n goeie produksiebestuurder om’ n oog oor die hele proses te hou, van die wingerd totdat die laaste karton uit die pakstoor vertrek. Hy glo steeds die beste kunsmis vir wingerdstokke is voetspore in die blokke.

“ Ek is betrokke by die voorbereiding van die vrugte in die wingerd tot by die pakstoor. As die druiwe reg voorberei is, pak goeie druiwe hulself. Maar as jy reën kry soos ons vanjaar gekry het, moet jy mooi kyk. Dan bederf korrels maklik weens barste en ringnekkies. Dit verg baie sorg om dit uit te knip sodat die trosse nog gebruik kan word.”

In die piekseisoen is sowat 280 mense in die wingerde, pakstoor en op die werf werksaam.

Mense bly die kern van die plaas

De Wet Conradie, eienaar van Kanetvlei, sê hy is baie besorg oor sy mense en glo daarin om geleenthede vir hulle te skep.

28 MARKtoe! Februarie 2026