MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 23

ADVERTENSIE-ARTIKEL
ADVERTENSIE-ARTIKEL

1. Teël, uitbroei en loslating van +/- 12 000 000 steriele vlieë weekliks.

2. Monitering van 660x Mediterreense vrugtevlieg lokvalle. en 360x Bactrocera dorsalis( Oosterse vrugtevlieg) lokvalle 3.“ Hotspot” beheer. 4. Gasheer identifikasie. 5. Koördinering van lugspatte met’ n proteïen lokaas op meer as 6000 ha se kommersiële wingerde vanaf week 50 tot week 10.

Hoe werk SIT?

Effektiewelik is SIT maar net voorbehoed( gesins beplanning) vir insekte. By FFA se fasiliteit in Stellenbosch word Mediterreense vrugtevlieë op grootskaal geteël, die wyfies word dood gemaak en die manlike papies word dan gesteriliseer met bestraling.

Die steriele papies word uitgebroei by FFA se“ Eclosion” fasiliteite. Die mannetjies wat daar uitbroei is onvrugbaar en dit word dan in wingerde en boorde losgelaat en kompeteer met die wilde mannetjies om met die wyfies te paar. Die eiers van wyfies wat met onvrugbare mannetjies gepaar het broei dan nie uit nie en so word die wilde populasie onderdruk.