MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Seite 22

ADVERTENSIE- ARTIKEL
ADVERTENSIE- ARTIKEL

Die Steriele Insek Tegniek( SIT) is een van die mees omgewings vriendelike beheer metodes teen insekplae. Alhoewel SIT al sedert die 1950’ s suksesvol in ander lande geïmplementeer is, is die baanbrekers werk vir SIT in Afrika in die middel 1990’ s in die Hexvallei en Stellenbosch gedoen. Dit het begin met baie uitdagings waarvan befondsing die grootste was maar met hulp van verskeie rolspelers soos die International Atomic Energy Agency( IAEA), Landbounavorsingsraad( LNR) en oopkop produsente van die Hexvallei het dit gegroei tot‘ n volwaardige effektiewe beheer program vir Mediterreense vrugtevlieë.

Vandag is Fruitfly Africa( FFA)‘ n maatskappy wat verskeie bedrywe diens en word besit en bestuur deur Hortgro, Inmakers Produsente Assosiasie, RosyneSA, Suid Afrikaanse Tafeldruif Industrie( SATI) en die Departement van Landbou. FFA se SIT program is n geintegreerde program wat die beste werk as dit area wyd gedoen word. Die program vir die Hexvallei, De Wet en Brandwacht behels die volgende:

1. Vlnr. Romano Mezini, Gareth Wiese, Rael Abrahams Raymond Pienaar, Ian Schaffers en Warren Swarts.

22 MARKtoe! Februarie 2026