MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | страница 21

LANDBOU
LANDBOU

ook daar gedoen word. Hexvines kon in twee jaar 27 ha met langbeenstokke hervestig, wat die wagtyd tot volle produksie aansienlik verminder.

’ n Toekoms gebou op verhoudings en vernuwing

“ Vandag moet ons seker maak dat die kultivars wat ons plant, is wat mense wil hê. Ons verloor soms uit die oog dat jy ook kan veredel op wat jy reeds het om steeds’ n goeie smaakspektrum en eetkwaliteit te verkry. Dit word makliker gemaak deur die kwekery wat ons bedryf en deur voortdurende eksperimentering.

“ Ons is gelukkig met ons verhouding met Woolworths, en hulle is baie lojaal aan hul verskaffers. Hulle verwag eksklusiwiteit van ons, maar ons kan saam beplan en IP deel. Ek is baie bly hulle is betrokke, want ek voel gemaklik om’ n hoendermayonnaisebroodjie by Woolworths te koop omdat daar sulke mense deel van hul stelsels is,” lag Johan.

MARKtoe! April 2026 21