MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Seite 20

LANDBOU
LANDBOU

wat vinniger in produksie kom nadat dit op hul plase geplant is,” vertel André.

’ n Verdere voordeel is dat swak stokke maklik uitgeken kan word en dan óf behandel óf vernietig word. Die kweek van langbeenstokke is ook tot voordeel van die produsent wat stokke moet inboet, omdat groter stokke geplant kan word wat nie noodwendig ver agter die res van die wingerd is nie.

Een van die groot uitdagings van langbeenstokke is egter die logistiek. Normaalweg kan’ n produsent omtrent 3 500 stokkies op sy bakkie laai, maar met hierdie uitgegroeide stokke moes Hexvines onlangs drie skakelvragmotors gebruik om 8 000 stokke na’ n plaas buite Robertson af te lewer.

Hulle het gelukkig oop grond gehad waar die kwekery opgerig kon word. Nou kan hulle 40 ha se druiwestokke op 1 ha huisves omdat dit in potte bymekaar geplant word. Hul nuwe kweekhuis gaan ondervloerse verhitting hê wat deur sonpanele gevoed word, en die warmwaterbehandeling sal

20 MARKtoe! Maart 2026