MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 24

LANDBOU
LANDBOU

1.

DE WET CONRADIE & ROBERT BROWN | KANETVLEI

“ Ons moet kyk na iets wat reën kan hanteer. Dit is‘ n werklikheid wat die afgelope paar jaar‘ n groot invloed op ons oeste en opbrengs het. Ons moet alles beproef om die antwoorde te kry om te verseker dat ons produksie nie te veel skade aandoen nie.“

Aan die woord is Robert Brown, bestuurder van tafeldruifproduksie op Kanetvlei aan die Kaapse kant van die Hexriviervallei.

“ Ons plaas is seker een van die mees gefotografeerde plase in die land. Dit was lank die agtergrondfoto op Ontbytsake, net agter Dawie Roodt se gesig,” sê hy laggend terwyl ons deur die lowergroen tuine rondom die plaasgeboue stap. Verbygangers neem graag foto’ s wanneer die wingerde se blare begin verkleur, iets wat so eie aan die Hexriviervallei is.

Maar terug by die druiwe.

1. De Wet Conradie, eienaar van Kanetvlei, en Robert Brown, die bestuurder, op die plaas.( Foto: verskaf)

24 MARKtoe! April 2026