Ons is verantwoordelik vir die gehalte van die druiwe tot op die sell-by date. Selfs op die laaste dag kan ons nog afkeurings kry, en dan is dit ons verlies. Maar die voordeel is dat, as jy niks hoor teen daardie sperdatum nie, jy weet jou geld is in die bank.
“ Nog’ n voordeel van Woolworths is dat ek weet wat ek volgende jaar vir my druiwe gaan kry – basies wat ek vanjaar gekry het, met’ n bietjie by. Ek is ook net 100 km van my kliënt af, maar ongelukkig is hulle ook net 100 km van ons af, so as hulle nie gelukkig is met wat ons doen nie, weet hulle dit en ons kan nie wegkruip nie,” spot Johan.
Die soeke na gesonde plantmateriaal
’ n Ander vernuwende ontwikkeling op Klipheuwel, en iets wat tot voordeel van die hele tafeldruifbedryf ontwikkel word, is die grootmaak van langbeenstokke. Hier speel André du Toit, wat al 31 jaar in die tafeldruifbedryf betrokke is,’ n leidende rol.
“ Ons het Hexvines begin omdat ons gesien het daar is’ n behoefte aan gesonde plantmateriaal, gesonde grond en sterk stokke vir die bedryf. Die wynbedryf is ons hierin ver vooruit, maar ons het die afgelope paar jaar uitstekende vordering gemaak,” vertel hy.
Die behoefte het ontstaan nadat siektes wingerdstokke besmet het en drastiese stappe gedoen moes word om sowel die stokke as die grond te saniteer voordat produksie