MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Page 14

LANDBOU
LANDBOU

7.

meer te betaal vir gehalte totdat hulle’ n punnet koop wat nie meer so lekker smaak soos waaraan hulle gewoond is nie. Dit is’ n groot uitdaging, maar dit werk al 32 jaar vir ons,” vertel Johan.

Beheer oor gehalte, van pakstoor tot rak

Johan vertel hulle kry daagliks bestellings van Woolworths nasionaal wat aandui watter druiwe verlang word – swart, wit, rooi of pienk, asook gemengde verpakkings. In die witen rooiklas verpak hulle buiten die 500 g-punnets ook 1 kgverpakkings. Die druiwe moet dan gepak, verkoel en by’ n sentrale verspreidingsentrum afgelewer word vir verdere verspreiding na Gauteng, KwaZulu-Natal en die res van die Kaap.

“ Ons doen alles self in hierdie ketting omdat ek daarvan hou om so lank as moontlik beheer oor ons produkte te hê. Dit sou selfs nog beter gewees het as ons dit self op die rakke kon pak.

7. In die pakstoor word die uitgesoekte druiwe met die hand eers in punnets en dan in kartonne verpak.

14 MARKtoe! April 2026