kon voortgaan.’ n Grond- en plantdraende siekte het erg kop uitgesteek in die wingerde. Dit is uiters aansteeklik, en selfs knipskêre wat op’ n besmette plant gebruik is, moet gesaniteer word voordat daar aan’ n volgende stok gewerk word. Die grond moet ook gesaniteer word, verkieslik deur dit vir’ n jaar braak te laat lê.
Aanvaarde praktyk om stokke vir verdere groei voor te berei, is om dit met warm water te behandel. Sodra die stokke van die kwekerye aankom, word dit sorgvuldig afgekoel en teen die regte vogtigheidsgraad gehou om sowel uitdroging as die verspreiding van patogene te voorkom.
“ Die groei van gesonde stokke vir die bedryf vind hier in ons spesiaal geboude kwekery op Kleinberg plaas. Basies moet stokke skoon wees wanneer jy dit plant. Daarvoor word dit vir 30 tot 45 minute in warm water van 50 ° C geweek, mits die stok dormant is, anders word dit gebrand. Elke kultivar reageer anders, afhangend van die koolhidraatinhoud en ander kultivar-eienskappe.
8. In die Hexvines-kwekery op die plaas word wingerdstokke namens produsente grootgemaak voordat dit op die plase gevestig word.