MARKtoe! April 2026 - Uitgawe 136 | Seite 125

ADVERTENSIE-ARTIKEL
ADVERTENSIE-ARTIKEL

Die langtermyn beheer van rotte en muise vereis’ n geïntegreerde benadering wat goeie huishoudelike praktyke tesame met rotdoders insluit. Dit is belangrik om hulle in die eerste plek heeltemal van jou eiendom uit te sluit. Begin buite deur asblikke behoorlik toe te maak, verwyder rommel waar muise en rotte kan wegkruip en nesmaak, soos hope blare, houtstapels of enige ander rommel wat in die erf rondlê, troeteldier- of weggooikos buite hulle bereik te bêre, krake, gate en ander opening in mure en fondasies te seël, en kombuise, stoorareas en buitegeboue skoon en netjies te hou.

Vir doeltreffende beheer, is die regte produk op die regte plek noodsaaklik.

Protek se Rat and Mouse-reeks is’ n enkelvoedinglokaas wat’ n anti-koagulant bevat wat bloedstolling voorkom en die bloed van teikendiere verdun.’ n Dodelike dosis word in slegs een voedingsessie ingeneem, en dood tree 4 tot 5 dae later in.

“ Protek Rat and Mouse Wax blocks is vogbestand wat die raklewe van die lokaas verleng en konsekwente doeltreffendheid oor tyd verseker.”

Protek Rat and Mouse Pellets is ideaal om in moeilik bereikbare plekke soos muurholtes of ander knap plekke waar rotte en muise beweeg, te plaas.

Protek Rat and Mouse Wax blocks is vogbestand wat die raklewe van die lokaas verleng en konsekwente doeltreffendheid oor tyd verseker.

Protek Rat and Mouse Grain Bait is veral geskik vir gebruik teen muise en kan gebruik word waar daar geen of min voedselkompetisie byvoorbeeld hondekos of voëlsaad is nie.

MARKtoe! April 2026 125