Dit is noodsaaklike om die risiko van vergiftiging te voorkom deur geskikte, peuterbestande lokaasstasies te gebruik. Behoorlike en veilige plasing van die lokaasstasies is net so belangrik soos die gebruik van die knaagdierdoder. Lokaasstasies moet in plekke geplaas word waar rotte en muise aktief beweeg en waar moontlik, tussen hulle skuiling en voedselbron. Plaas teen mure of op hulle roetes aangesien hulle nie uit hulle pad sal gaan om lokaas te vind nie.
Dit is ook belangrik om karkasse onmiddellik op te tel om enige moontlikheid van sekondêre vergiftiging te vermy, Wanneer daar van dooie knaagdiere weggedoen word, gebruik altyd handskoene om kontak met karkasse te vermy en maak seker dat dit veilig weggedoen word.
’ n Wyfie-muis kan reeds op 6 weke begin teel en elke 3 weke’ n werpsel van 5 – 10 kleintjies hê. Alhoewel rotte effens stadiger aanteel, kan hulle elke 4 – 5 weke 6 – 12 kleintjies kry.
Knaakdierdoders is baie giftig vir mense, diere en voëls. Volg dus die instruksies op die etiket om blootstelling te vermy. Alle knaagdierdoders moet buite bereik van kinders en troeteldiere gehou word, of dit nou gebruik of gestoor word.
Rotte en muise bly’ n uitdaging, maar deur die regte stappe te volg, kan hulle doeltreffend bestuur word. Volg’ n geïntegreerde benadering deur toegangspunte af te sluit, areas skoon te hou en geskikte rotbeheerprodukte, soos die Rat and Mouse-reeks van Protek te gebruik, soos nodig. Hoe vinniger jy optree, hoe gouer kan jy van die probleem ontslae raak.