Rotte en muise kom regdeur die jaar voor, maar veral gedurende die winter aangesien hulle op soek is na kos en‘ n geskikte skuiling. Hulle versprei siektes soos salmonella, swartkoors en buboniese plaag, besoedel voedsel en beskadig strukture, bedrading, plante, ens.
Omdat hulle baie vinnig in hul omgewing aanpas en eksponensieel vermeerder, is dit noodsaaklik om vroeg en doeltreffend op te tree. Rotte en muise teel baie vinnig aan.’ n Wyfiemuis kan reeds op 6 weke begin teel en elke 3 weke’ n werpsel van 5 – 10 kleintjies hê. Alhoewel rotte effens stadiger aanteel, kan hulle elke 4 – 5 weke 6 – 12 kleintjies kry.