aktueel
. vir die leerder. lourier
. va n d i e
Die
.
. l e e r d e r
40 Days Van Laaste-eerste dag na laaste 40 Dae van skool Deur Jessica Vos
Die oggend het die meeste van ons, glo ek, steeds moeilik opgestaan. Die manne het hulle broeke vir kort rokkies en sykouse verruil en die meisies het al te bly hulle rokke vir broeke verruil. Met opwinding het ons skool toe gekom, amper met die gevoel van‘ n eerste dag van skool. Foto’ s is geneem en laggend het ons mekaar gegroet. Vir die dag is die klem nie op die feit dat ons tyd saam min is nie, maar was ons aandag op die nuwe herinneringe wat ons saamgemaak het. Matrieks, ons het nog‘ n mylpaal in ons loopbaan bereik wat ons nader aan ons laaste dag saambring. Daar is‘ n Arabierse gesegde wat lui:“ To understand a person, you must live among them for 40 days.” Ons is al vêr verby 40 dae saam; baie vanaf ons ken mekaar al van daardie eerste dag van skool. So as dit net 40 dae neem om iemand te leer ken, is daar geen twyfel dat ons, na vyf jaar saam, as‘ n familie hier wegloop nie.
Die pompom-meisies kry‘ n shoutout! Deur Sulize Jonck
Geel is die gees wat binne ons leef. Groen is die gras waarop ons dans. Swart is die kleur wat alles verenig. En die G op ons bors is skreeuend wit. G vir Grens, gees en geluk.
Die pompom-meisies het weereens‘ n goeie jaar agter die rug. Dit was‘ n jaar met nuwe liedjies en danspassies, baie grappies en‘ n spesiale band is gevorm. Vanjaar het ons meisies iets nuuts begin …‘ n nuwe, maar baie mooi, kledingstuk. Ja, die mooi rompie met die geel en groen strepies asook die hempie met die skreeuende wit G lyk te oulik! Die meisies het ure lank geoefen om alles perfek te doen. Dit was altyd‘ n uitdaging om die nuwe danse aan te leer en op te tree. Die meisies het hulle harte daarin gesit, hulle tyd opgeoffer en hul liefde vir dans toegepas. Ons sê dankie aan al julle almal wat die gees, voor of tydens die eerste rugbyspan se wedstryde, saam opgebou het. Julle verdien‘ n shoutout!
Presteerdersdinee Deur Chané Taylor
Die Presteerdersdinee van 2016 was‘ n groot ervaring. Nie net het ons heerlik ontspan nie, maar ons het ook gedans tot die son opkom, of wel tot 23:00. Die Great Gatsby tema het almal opgewonde gehad. Dit was‘ n asemrowende aand – met goeie musiek, geselskap en heerlike kos. Die presteerders bedank die skool vir die geleentheid om na so‘ n besonderse dinee genooi te word. Ons sien uit na volgende jaar!
Wil jy vir jouself werk?
Kinderverwante Franchise nou te koop. Vir meer inligting: www. bacreate. com of kontak Linda by info @ bacreate. com
40 DAYS
4
POM POM-MEISIES