Lourier LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN PDF | Page 5

d i e le e r d e r . vir Die aktueel lourier . va n di . e leerd Operasie ordepunte! Deur: Jéan-Marie Venter Riglyne aan ‘n Grensie Deur Liebet Pretorius As daar nou een ding in die hoërskool is waarvoor jy nie kan weghardloop nie, is dit ‘n ordepunt. Ja, dit is daardie blou boekies wat in die onderwysers se laaie rondlê en net wag vir sy volgende slagoffer! Die volgende riglyne is gerig op alle leerders van enige ouderdom; almal sal verstaan: MAAR ... wag, stop, bly net ‘n bietjie en lees verder! Hier is ‘n paar riglyne wat jou dalk kan help om ordepunte te vermy: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. Maak seker jy is die meneer of juffrou se witbroodjie. Skryf vinnig by iemand die huiswerk af, maar maak seker dit is nie als “woord vir woord” afgeskryf nie. Maak of jy nog na jou boeke soek as die onderwyser verbyloop om na die huiswerk te kyk. Beplan die vorige nag al wanneer en by wie jy die huiswerk gaan afskryf. Maak seker jy het ‘n ekstra boek, as jy dalk jou boek vergeet het, om die werk in te doen. (Onderwysers kyk tog nie na die boek se voorblad nie!) Vestig die onderwyser se aandag op ‘n ander onderwerp, eerder as die van huiswerk. Doen goed in jou toetse sodat die onderwyser glo jy is voorbeeldig. Maak seker jy het altyd ń ander verskoning oor hoekom jy nie die werk kon doen nie. Skryf jou Wiskunde antwoorde op die agterkant van jou boek vinnig af. Blameer beurtkrag of enige ander kragonderbrekings. . . er 1. Beskou die skoolgange as paaie en die leerders as motors. Wat beteken dit? Moet onder geen omstandighede in die middel van die gange stop nie; jy veroorsaak nie net ‘n verkeersopeenhoping nie, maar jy ontlok frustrasie en soms aggressie. 2. Nog ‘n pad (gang) reël om te volg: Hou links! Al is jou beste (este ) (este) “maatjie” aan die anderkant van die gang: moenie almal wat op pad na die klasse toe is, ophou nie. 3. Groet jou mede-Grensies: Plak ‘n palm met almal; vriendelikheid kos jou níks nie! 4. Maak oogkontak met onderwysers as jy hulle groet: Wat het jy om weg te steek??? 5. Maak gebruik van die toiletgeriewe soos ‘n beskaafde mens : Sien dit as ‘n uitstappie na jou ouma se huis en dat jy nie jou kêrel se naam op haar badkamer deur sal skryf nie. Jou hoërskoolloopbaan is slegs vyf jaar lank (as jy gelukkig is). So kom ons maak dit so verdraagbaar moontlik vir mekaar! NOTA AAN SELF: Honde eet nie papier nie! KOSHUISTOEKENNINGS 2016 Koshuislewe Deur Tiffany Brown Almal dink die koshuislewe is so sleg, maar eintlik is dit die beste ervaring wat ‘n mens kan kry. In die koshuis is ons ‘n familie, ons gee vir mekaar om en ons weet net hoe om mekaar se daggies lekker te maak. Koshuislewe is regtig baie LEKKER, as jy ons nie glo nie, kyk maar self. 101 Oorlewingswenke vir koshuisbrakke ... 1. Jy moet altyd Noodles in jou kas hê. 2. Wees altyd gereed as ‘n seun topless wil pose. 3. Moet nooit vir sommige leerders sê jy het nuwe klere nie. 4. Jy moet altyd vroeg gaan stort anders kry jy koue water. 5. Eet altyd ál die kos by ete. 6. Sê altyd DANKIE vir Patricia en haar span. 7. Jy moet altyd toiletpapier in jou kas hê. 8. Wees gereed as die bussie Spar toe gaan; first come first serve. 9. Moet nooit dink jy gaan alleen wees nie. 10. Wees altyd vriendelik. Mej. Smiley: Leandrie Viljoen Mnr. Smiley: Mondray Lottering Mej. Gebou: Sonneke van Rensburg en Tiffany Barnard Mnr. Gebou: Nathan Church en Pieter Joubert Mej. Grompot: Maryna Burmeister Mnr. Grompot: Stian Terhoeven Mej. Hare: Michaela Roos Mnr. Hare: Conrad Muller Mej. Boekwurm: Sulize Jonck Mnr. Boekwurm: Deston May Mej. Grapjas: Celeste du Randt Mnr. Grapjas: Shane Marais en Tiaan Visser Mej. All over: Charlize Stötter Mnr. All over: Vincent Thomas (Vaatjie) Mej. Sing: Somila Mkonto Mnr. Sing: Laden van Heerden en MJ Nagel Mej. Oordeel: Christa Nagel Mnr. Oordeel: Ryan Bosman Mej. Besig: Ceejay Nelana Mnr. Besig: Romario Fields Mej. Styl: Zizi Canda Mnr. Styl: Rudy du Plooy Mej. Persoonlikheid: Johanè Visser en Danielle Schreinders Mnr. Persoonlikheid: Rudi du Randt Mej. Stouter: Leandri van Pletzen Mnr. Stouter: Juandre Odendaal Mej. Oulik: Kyla Croucamp Mnr. Oulik: Clinton Bosman en Josh Vermaak In hierdie koshuis sê ons ons is jammer, geniet ons onsself, maak ons vrede, hou ons ons beloftes, doen ons ons beste, vergewe ons mekaar en is ons trots. 3