Lourier LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN PDF | 页面 4

d i e le e r d e r . vir Die aktueel Het jy geweet? Deur Anushka Smith Het jy geweet dat: Een uit elke vyf volwassenes glo dat daar aliens verskuil as mense op die Aarde wegkruip? Voor daar ‘n uitveër was, het ons voorvaders brood gebruik om van potloodmerke ontslae te raak? Tamatiesous in die 1830’s as medisyne verkoop is? ‘n Vierjarige kind vra ongeveer 400 vrae per dag? ‘n Glimlag aansteeklik is? ‘n Volstruis se oog groter as hul brein is? Jy jouself kan knyp om op te hou lag? Xanthophobia die vrees vir die kleur geel is? Elke persoon ‘n unieke tongafdruk het? Rusland se oppervlakte is groter as dié van Pluto? Vir elke mens op die aarde is daar 1,6 miljoen miere? ‘n Seekat drie harte het? ‘n Krokodil nie sy tong kan uitsteek nie? Leonardo da Vinci op dieselfde tyd met een hand skryf en met die ander een teken? . lourier . va n di . e leerd . er Onderwysers se geheime talente Deur Yoané van Dyk Ken jy die onderwysers so goed soos wat jy dink? Toets jou kennis in die volgende tabel, voordat jy na die antwoorde kyk: ONDERWYSER 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. Juffrou Hollander Juffrou Prinsloo Meneer Coetzer Meneer Koorsen Meneer Engelbrecht Juffrou Visser Meneer Kapp GEHEIME TALENT a. Ek is ‘n pro in PlayStation speel. b. Eet en sing. c. Beskuitbak. d. Ek het n geelbelt in Selfverdediging. e. Ek kan vier verskillende instrumente speel. f. Om mense gelukkig te maak. g. Ek kan ‘n koei melk en suurlemoentert bak. Antwoorde is op die agterblad. Studiewenke vir die eksamen Deur Tanika Thiart benodig koffie!! Sukkel jy om te konsentreer? Voel jy partykeer moedeloos? Raak jy altyd honger? Slaan jy altyd ‘n blank? Wel, hier is jou vyf dae per week studie-oplossing - verniet en net vir jou! Eksamen is maar altyd elke leerder se nommer een vyand wat ons elke kwartaal en elke skooljaar in die gesig moet staar! Dit kan vir sommige van ons maklik wees en vir sommige van ons moeilik, of ‘n absolute nagmerrie, wees! Ek is hier om eksamentye meer geriefliker vir jou sonder enige fieterjasies, te maak! 1. Om konsentrasie tydens die studietyd te verbeter: Studeer altyd in ‘n stil en rustige vetrek met jou deur toe. Maak altyd seker dat jy regop sit en nie lê asof jy ‘n middagslapie gaan neem nie. Om regop te sit, verbeter die bloedvloei na jou brein. Jou konsentrasie moet 100% by die vak wat jy studeer, wees. Probeer dus om die dinge wat jou konsentrasie verbreek, te vermy.