Lourier LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN PDF | Page 3
d i e le e r d e r
. vir Die
hoofredaksie
lourier
. va
Liewe Grensies
n di
.
e leerd
In hierdie agt maande was ons Grensies omtrent besig en het ons nuwe hoogtes, soos altyd, bereik. Daar was ook verskeie formele
geleenthede wat hierdie kwartaal plaasgevind het. Die matriekafskeid was sekerlik ‘n hoogtepunt van die jaar vir die skool, maar veral vir die
matrieks. Ons kan met trots sê dat dit ‘n aand was wat ons vir altyd sal onthou.
Die Moeder- en Tienertee was ook ‘n genotvolle oggend met allerhande lekkernye en ‘n motiverende spreker. Die Presteerdersdinee
het ook gedien as bewys dat ons Grensies nie vir enige uitdagings terugstaan nie. Ons het ook gesien hoe die graad 10-leerders hul
volwassenheid by hul eerste praggeleentheid vier. Die sport het op alle terreine, met provinsiale, nasionale en selfs internasionale
verteenwoordigers uitgeblink. Die kultuur het ook op verskeie vlakke presteer en het verseker dat Grens se naam altyd hooggehou is.
Aan ons medematrieks: die rekordeksamen is wel agter ons, maar die einde is nog nie heeltemal in sig nie. Ons het baie wat van ons
op alle gebiede verwag word, maar ons is seker dat elkeen van ons die vrugte van ons harde werk sal pluk. Ons wens graag alle voorspoed aan
julle toe en hoop dat julle toegewydheid julle aan die einde sal beloon.
Namens die Lourier-redaksie bedank ons graag vir mej. Visser en mej. Prinsloo vir al hulle kreatiewe insette en harde werk. Ons wil ook
graag dankie sê vir mej. Gillespie vir al haar proeflees en redigering. Alles word opreg waardeer. ‘n Spesiale woord van dank aan die res van ons
redaksie vir julle positiewe bydrae tot hierdie suksesvolle uitgawe.
Ons hoop julle geniet hierdie uitgawe het soveel as wat ons dit geniet het om dit julle aan te bied.
Kimaine & Anushka
Hoofredaksie 2016
wAT IS JOU GUNSTELINGHERINNERING VAN 2016?
Anushka Smith
(subredaktrise)
om te weet dat jy wiskunde en
skeinat geneem het, maar jy studeer
regte volgende jaar en dit behels
geen syfers nie.
monique kÜhn
(kultuur)
wANNEER JY BESEF ALLES KOM TOT ‘N
EINDE, MAAR TOG Lê DAAR ALTYD ‘N
NUWE HOOFSTUK OM DIE DRAAI.
Elke een saam met
juffrou prinsloo
die oranjerivier roeitoer
avontuur.
juffrou visser
my vriende. om deel te raak van die
grens-familie.
Chané taylor
(aktueel) liebet pretorius
(akademie)
al die uitdagings wat ek
geneem het.
OM TE BESEF DAT EK NA 12 JAAR UIT
DIE BOKSIE KAN KLIM WAARIN DIE
SKOOLSISTEEM JOU PLAAS .
MATRIEKUITGAWE
2016
jean-marie venter
(sport)
1
om my laaste
besigheidstaak in te handig!
.
er
Agt maande is al verby en na ‘n strawwe winter sien ons daarna uit om weer in die son te kan baljaar. Ten spyte van nog ‘n klomp
eksamenvraestelle wat vir ons wag, sien ons uit na ‘n lekker vakansie.
Kimaine Carr
(redaktrise)
.