Lourier LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN PDF | Page 7
d i e le e r d e r
aktueel
. vir Die
.
lourier
. va
ons onnies is op ‘CANDID CAMERA’
DEUR ANUSHKA SMITH EN KIMAINE CARR
n di
.
e leerd
.
er
Ons het onverwags foto’s van ons onnies geneem. Die giggelwekkende resultate is soos volg:
Matriekafskeid
DeuR JESSICA VOS EN HENRIKE SAUNDERS Eens-in-‘n-leeftyd-saalperiode
Deur Tanika Thiart
Ons skitter aand onder die Karoo-sterre.
Dié is een van die mees gesogte funksies van ons skoolloobaan, die een
waaroor ons al van jongs af droom. Ons kyk elke jaar na die matriekmeisies
en-seuns wat almal so deftig lyk wanneer hulle inloop en wens dit was al
ons beurt.
En toe, na ‘n ewigheid, het die laaste sekondes afgeloop.
Planne is beraam, afsprake is gemaak en die aand kon net nie vining genoeg
kom nie. Elke nou en dan het ek op ons eie Count Down die sekondes gaan
tel.
Met opwinding het ons uit die skoolterrein na al ons afsprake gery. So ‘n
klompie ure later is ons gegrimeer, ons naels mooi en ons rokke is aan. Nou
kom die ware uitdaging: smile, smile en smile en het ek genoem - smile.
Foto na foto word deur trotse platsak ouers geneem en uiteindelik daag die
bestuurder van ons spoggerige ryding op. Dit is tyd vir die ware Jakob. Met
‘n draaiende maag en swak bene klim jy uit die kar. Soos jy op die rooi tapyt
trap, voel jy soos ‘n beroemde. Die aand wat twaalf jaar van skool draagbaar
gemaak het, is uiteindelik hier! Dit is hierdie eens-in-‘n-leeftyd-saalperiode waaraan die leerlingraad
ure en ure gewerk het om ons leerders te vermaak. Daar is speletjies
gespeel en wenners is aangekondig. Saal was nog nooit so baie pret
nie. Gedurende die naweek voor die saalbyeenkoms het die
leerlingraad ‘n kortfilm vervaardig, waarin daar allerhande
interessante liedjies en musiekvideo’s ingesluit is. Daar is baie harde
werk ingesit en daarom moet ons ons leerlingraad respekteer vir
alles wat hulle vir ons en die skool doen.
Ons eerste speletjie was die tweeling challenge waar sommige van
ons tweelinge moes saamwerk om te bepaal watter tweelinge die
vinnigste sit ups kon doen. Ons matrieks het die speletjie gewen.
Die tema van die tweede speletjie was die Olimpiese Spele. “Dit het
ons geïnspireer”, so het ons onderhoofseun, Henry Melt van Breda,
gesê. Tydens hierdie prettige speletjie het die matrieks, onder die
afdeling van boogskiet, gewen.
Ons derde speletjie was die Noot vir Noot challenge. Leerders moes
die liedjies kan herken en hulle hardloopvermoë gebruik het om
eerste die fluitjie te gryp en te blaas. Die reëls was dat sodra jy die
fluitjie geblaas het, jy die liedjie moet kan herken en ‘n gedeelte
daarvan moes sing. Ons wenners was weereens die matrieks!
Na die speletjies het die leerlingraad hulle kortfilm vir ons gewys wat
heelwat pret was. Al wat ek kan sê, is dat ons definitief talent in ons
skool het.
Uiteindelik het die matrieks die titel as algehele wenners verower.
Hulle is en sal altyd legends bly!
Dankie vir ‘n lekker jaar saam met julle!
Ons eie noodhulp heldin - Juffrou M. Dove
Deur Lezahn Botes
1. Van wanneer af doen Juffrou al noodhulp?
As ‘n ma doen ‘n mens eintlik altyd noodhulp.
Ek doen dit al vir die laaste twee jaar by die skool.
2. Wat het Juffrou geïnspireer om by noodhulp
betrokke te raak?
Ek en meneer Engelbrecht het altyd oor die
noodhulp gepraat en ek het hom gevra om vir my
te sê indien daar weer ‘n kursus is. Ek het eendag
in die skool rondgeloop en gesien dat daar ‘n
kursus is wat besig is om plaas te vind. Ek het
deelgeneem en van toe af is ek dolverlief daarop.
Ek glo dat dit die moederlike instink in my is wat
graag na almal wil omsien.
5
3. Wat is Juffrou se verantwoordelikhede by die skool indien iets
tydens skoolure gebeur?
Daar is nie iets formeel op skrif nie. Ek dink dat dit ‘n morele
verantwoordelikheid is. My naam is nou onlangs op die
ontruimingsplan by die skool opgesit. My eie siening is om net die
kinders asook die personeel te help en te ondersteun.
4. Enige raad aan iemand wat verder by noodhulp betrokke wil
raak?
Op ‘n skoolvlak is dit basies net om te help, maar indien jy verder
wil gaan, is dit definitief ‘n roeping. Jy gaan lang ure moet werk en
jy gaan dinge sien wat nie aangenaam is nie. Maak altyd doodseker
dat jy alles wat jy nodig sal hê, in jou noodhulpsak het. Doen altyd
opvolging oor die kursus en kennis vir alle moeilike situas ies. Dit is
‘n deurlopende leerproses.