Lourier LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN PDF | Page 14
d i e le e r d e r
SPORT
. vir Die
.
lourier
. va
n di
.
e leerd
.
er
Ons swemmeermin - Merisa Oelofse
Deur Valeska Gouws Muurbal
Deur Liebet Pretorius
Van swem en rekords breek, kan jy vir Merisa niks vertel nie, want vanaf die
ouderdom van drie jaar is Merisa al aan die sport bekendgestel. Op 24 tot
26 Junie 2016 het Merisa aan die PEA-Gala in Port Elizabeth deelgeneem en
het weereens met pragtige uitslae gespog. Hierdie afgelope jaar het ons muurbal van krag tot krag gegaan. Met
hope entoesiasme en veeleisende fiksheid het elke speler hul goed
van hul taak gekwyt. Daar is verskeie wedstryde gespeel en daar kan
met trots gesê word dat ons skool se naam hooggehou is.
Daar kan beslis groei in belangstelling gesien word en almal word
vriendelik uitgenooi om ons spelers te ondersteun.
50 m vryslag
- ‘n goue medalje
50 m vlinderslag - ‘n bronsmedalje
50 m borslag - ‘n vierde plek
100 m vryslag - ‘n bronsmedalje
100 m borslag - ‘n bronsmedalje
Hokkiebokkies hou Grens se naam
hoog
Deur Yoané van Dyk
In die 50 m vryslag het sy nie net ‘n goue medalje verwerf nie, maar het ook
die galarekord met 28,33 sekondes gebreek. Sy het ook gekwalifiseer om
aan die SA Kortbad Kampioenskappe in Augustus in Pietermaritzburg deel te
neem. Ons is baie trots op jou.
Fietsryers
Deur Valeska Gouws
Van fietsry kan jy Eben Hartslief niks vertel nie. Op die ouderdom van 12
jaar het hy begin fiertsry en vanaf 16-jaar het hy ernstig begin kompeteer
nadat hy sy eerste kompetisie tydens die Daily Dispatch Cycle Tour gewen
het.
In 2015 was hy die Oos-Kaap Time Trial kampioen in die o.18 ouderdoms-
groep en het hy sy Oos-Kaap Padfietsry kleure verwerf. In November 2015
is hy ‘n kontrak deur die fietsryspan, Biogen Comoffice, aangebied.
In Maart 2016 het hy ‘n vyfde plek by die SA Padfiets Kampioenskappe in
Pietermaritzburg verwerf.In die Julie- skoolvakansie, terwyl ons almal
lekker vakansie gehou het, het Eben aan die Youth Cycling Fest deelgeneem
waar hy met drie goue medaljes en een silwermedalje weggeloop het. Hy
het ook ‘n goue medalje vir die beste o.18- fietsryer ontvang.
Na die Youth Cycling Fest het hy aan ‘n twee weke oefenkamp in
Pietermaritzburg deelgeneem waar hy aan die Toti69er padfietsresies
deelgeneem het en ‘n eerste plek in die o.18- afdeling behaal het.
Eben het na die oefenkamp en resies ‘n kontrak met Absolute Motion, vir
die jaar wat voorlê, geteken.
Baie geluk, Eben! Ons kan nie wag om te sien wat die
toekoms vir jou inhou nie.
Tydens die Junie-skoolvakansie het die eerste hokkiespan by die
Cambridge Festival weereens gewys wat in hulle steek. Hulle het teen
groot skole soos Nico Malan, DF Malherbe, Westering en nog vele
meer gespeel. Alhoewel hierdie skole groot en intimiderend is, het
die hokkiespan hulle nie laat onderkry nie. Hulle het vasgebyt en uit-
gehou tot die einde van die toernooi en goed presteer.
Grens se manne wys weer eens
wat in hul steek
Deur VALESKA GOUWS
Na ‘n lang proses is ses van ons bekroonde rugbyspelers gekies om vir
Border by die jaarlikse Craven- en Akademieweek te verteenwoordig.
Voordat hul kon vertrek, is ‘n vier dae lange oefenkamp by die Hoër
Tegniese Skool Port Rex aangebied om die spelers reg te kry vir die
week wat op hul wag.
Taktiese planne en spelpatrone is geoefen en dan praat ek nie eers
van die harde fiksheidoefeninge wat die ouens moes deurmaak nie.
Uiteindelik het die laaste week van die vakansie aangebreek en die
ouens was op pad. Die jaarlikse toernooi is vanjaar in Durban by
Kearsney College gehou. Nathan Church en Hanru Sirgel is gekies om
die Border Cravenweek te verteenwoordig terwyl Arthur Nel, Daniel
Gresse, Geoffrey Ross en Henry Melt van Breda die Border Akademie-
span verteenwoordig het.
Die Border Cravenweek span het 48 – 15 teen die Bulle verloor en 19
– 17 teen SWD verloor, maar het 64 – 26 teen Boland gewen.
Die Akademiespan het drie wedstryde gespeel waarvan hul een
gewen en twee verloor het. Teen Griquas Country Distrik het hulle
28 – 13 gewen, teen die Sharks 40 – 25 verloor en teen SWD 24 – 10
verloor.
Ons wil ook geluk sê aan Ruan Adams wat gekies is om die o.16-Bor-
der span by die Grand Como toernooi te verteenwoordig.
Ons manne het beslis gewys wat in hul steek en almal is baie trots om
hulle as deel van ons skool te kan hê.
12