Lourier LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN PDF | Page 15

d i e le e r d e r SPORT . vir Die . lourier . va n di . e leerd . er Eerste netbalspan bereik hoë hoogtes!! Deur luanè kotze Dit is halfelf op Donderdagoggend, ons wag gespanne in ‘n vliegtuig, op die Oos-Londen lughawe en ‘n senuweeagtige atmosfeer hang in die lug. Grens Hoërskool se eerste netbalspan is op pad na Dr. EG Jansen waar ons aan die Suid-Afrikaanse Skole Netbalkampioenskappe as verteenwoordigers van die Oos-Kaap, gaan deelneem. Vir almal van ons was die toer vol nuwe ervarings, sommiges se eerste vlug, ander se eerste keer in Gauteng en vir baie van ons was dit die eerste keer dat ons as eerste span aan die kampioenskappe deelneem. Met ‘n veilige landing in Johannesbug is ons na ‘n pragtige gastehuis geneem, kamers is gekies en ons het aandete gemaak. Die aand voor die toernooi was senutergend en ons het nie geweet wat vir ons wag of hoe die toernooi gaan wees nie. Die dag het uiteindelik aangebreek. Ons is al vroeg die oggend op en is aan die Hoëveld se koue blootgestel. Ons ontmoet nuwe mense en loop ook vir Maryke Holtzhausen, Protea netbalspeelster en kaptein raak. Ons eerste wedstryd was teen H.T.S. Middelburg, ‘n baie groot skool van Gauteng. Ons speel hard en raak gewoond aan die groot skole se taktieke; ons verloor ongelukkig 33 – 19. Ons pak daarna die magtige Potch Gimnasium aan. Gimmies het nie vir ons teruggestaan nie, maar terse