Lourier LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN PDF | Page 13
d i e le e r d e r
KULTUUR
. vir Die
.
lourier
. va
n di
.
e leerd
.
er
Eisteddfod
Kimaine Carr MARIMBA-TOER (2016)
Deur Alicia Bartie
Die lang verwagte musiekseisoen het hierdie kwartaal tot ‘n einde gekom
nadat Grens-leerders weer eens bewys het dat hulle tog ‘n oor vir luister
het. Alhoewel daar debatteer kan word of ons luister, is dit sonder twyfel
dat die musiek binne ons vloei sonder keer. Teen uitstekende skole met
baie groot kultuur-afdelings soos Hudson, Stirling en selfs Merrifield, het
Grensies weer soos een man saamgestaan. Hoërskool Grens se Marimba-orkes het hierdie jaar aan die vyfde Inter-
nasionale Marimba en Steelpan kompetisie deelgeneem
waartydens Juffrou Cerff en 16 orkeslede vir vyf dae lank ‘n baie besige
en opwindende toer meegemaak het.
Vroegoggend, op 28 Julie 2016, het almal per vliegtuig na
Johannesburg vertrek. Groot opgewondenheid het geheers aangesien
dit sommige leerders se eerste vlieg-ondervinding was. In Johan-
nesburg aangekom, het almal eers hul bagasie by hul nuwe tuiste nl.
Brown Sugar Backpackers gaan aflaai. Daarna gaan die leerders na
Bounce Inc. waar hul van baie energie kon onstslae raak deur
trampolien te spring. Dit was nie net goeie oefening nie, maar ook
groot pret om te sien hoe almal verskillende toertjies uithaal bv.
agteroor-bollemakiesie slaan ens. Juffrou Cerff het nie op haar laat
wag nie en ook haar slag op die trampolien gewys. Gedurende die
aand word Monte Casino besoek en kry elkeen die geleentheid om hul
eie gang te gaan – rondstap en winkeltjies besoek, fliek, by ‘n
restaurant eet, ens. Juffrou en sommige leerders gaan kyk na die
musiekblyspel Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat.
Op die tweede dag van die toer besoek die leerders Gold Reef City. Dit
was nou vet pret!! Sommige leerders was eers skrikkerig om op party
van die pretritte te gaan, maar het sommer gou hul vrese oorkom en
net kort voor lank op al wat ‘n rit is gegaan. Gunstelingpretritte was die
Golden Loop en Jozi Express en die mees skrikwekkende pretrit was die
Anaconda tuimeltruin.
Die derde dag van die toer en dag een van die kompetisie het
aangebreek! Leerders vertrek na Tom Newby School waar die
kompetisie plaasgevind het. Met die eerste optrede speel Grens se
Marimba-orkes die lied Umqomboti in die afdeling In The Mix asook
die lied Labamba in die afdeling Battle of the Bands. Sommige leerders
ontvang ‘n sjokoladeprys vir hul goeie gees en dansbewegings.
Op dag twee van die kompetisie is dit vriesend-koud in Johannesburg,
maar dit staan nie in die pad van Grens se Marimba-orkes om die dag
met ywer aan te pak en ‘n prys te wen nie. Die leerders begin met
Vivaldi se Vier Seisoene (Lente) in die afdeling Strictly Classical en speel
daarna Nkosi Sikelel’ iAfrica gemeng met My Sarie Marais in die
afdeling Proudly South African. Die beoordelaar lewer kommentaar en
sê dat dit die beste manier was waarop hy al ooit vir My Sarie Marais
gehoor het. Daarna speel al die verskillende groepe Marimba-orkeste
een gesamentlike lied wat op ‘n latere stadium op televisie uitgesaai
sal word. Die kompetisie word afgesluit deur ‘n prysuitdeling en die
Grens Marimba-orkes verwerf `n tweede plek in die afdeling Strictly
Classical.
Na twee dae van streng kompetisie was dit tyd om weer ‘n bietjie te
ontspan en pret te hê. Die leerders het gaan yskaats…..vir sommiges
weereens ‘n eerste waartydens hul lekker geval, nat geword en ‘n paar
kneusplekke opgedoen het. Nadat almal ‘n heerlike middagete by die
Wimpy geniet het, was dit tyd vir die vlug terug na Oos-Londen toe.
Die Marimba-toer van 2016 was voorwaar ‘n week wat nie gou vergeet
sal word nie. Leerders het wonderlike tye saamgehad van lekker lag en
het voortdurend goeie spangees gebou. Met optredes gedurende die
kompetisie het hulle goed as ‘n span saamgewerk. Hulle het Grens se
naam hooggehou met hul goeie gedrag waar hul ookal besoek afgelê
het.
Die Eisteddfod is een van die min kultuurgeleenthede waar skoliere hul
talente op kultuurvlak aan die streek kan blootstel en, benewens die feit
dat ons nie altyd baie blootstelling kry nie, is hierdie ‘n baie belangrike
tyd van die jaar. ‘n Mens besef nie altyd die harde werk en
deursettingsvermoë wat ‘n optrede behels nie, of dit nou ‘n solo-optrede
of ‘n recital-optrede is.
Die Port Rex Lions Eisteddfod is ‘n sistematiese gebeurtenis in
Oos-Londen vir die afgelope 32 jaar en strewe daarna om die talente van
jong kinders bekend te maak. Vele van Grens se Eistedford leerders se
name is in die geskiedenisboeke as gevolg van hulle uitstekende presta-
sies aangeteken. Hierdie jaar kan ons met trots sê dat die Grensies
weereens uitgeblink het met hul vermoë om hul talente, voor baie
streng, opgeleide beoordelaars, te toon. Die sanggroep het vanjaar hul
harmonieë by die Koor-afdeling van die Eisteddfod vervolmaak en het
met ‘n spoggerige goud-simbool gepronk. Die trots van Grens se musiek-
afdeling, die Marimba-orkes, het ook al die regte note geslaan en het ook
die hard-voor-gewerkte goud-sertifikaat verwerf. Verskeie soliste het, op
grond van hulle harde werk en insette, ook goue-, silwer- en bronssertifi-
kate respektiewelik verwerf.
Hoewel die Eisteddfod net een maal ‘n jaar plaasvind, kan ek met alle
trots en eer sê dat Grens se kultuur-afdeling, hulle oortref het. Grens het,
is en sal ook altyd uitblinker-studente lewer. Musiek is ‘n kuns en hierdie
leerders het dit reeds bemeester. Bach, Mozart en Vivaldi sal skrik as
hulle die talent sien wat vandag hul eie werke bemeester.
Grahamstad Dramatoer
Op 5 en 6 Mei 2016 het die gr.11- Dramaleerders die geleentheid gekry
om ‘n tweedag werkswinkel in Grahamstad by te woon. Almal het hul
drie keuses van werkswinkels gekies en een ekstra ontvang. Werkswin-
kels het vanaf Xhosa poetry tot Pantsula danse gevarieer. Na die werk-
swinkel het ons die kans gehad om tydens
ontspanningstye nuwe vriende van skole reg oor die Oos-Kaap te maak
en ook saam met nuwe mense te werk.
Ons het ook uitstekende toneelstukke gesien en het baie daaruit geleer
en ka n die ervaring vir toekomstige opvoerings gebruik. Al die meisies
het een kamer gedeel en so ook die seuns – wat dit soos ‘n groot lekker
koshuis laat voel het. Die dramatoer het ook al die dramakinders nader
aan mekaar gebring. Dit was beslis ‘n
genotvolle tyd.
11