Lourier LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN PDF | Page 12
d i e le e r d e r
AKTUEEL
Pienkvoetjies
Deur Monique Kühn
kruger-familie
. vir Die
.
lourier
. va
n di
.
e leerd
.
er
bezuidenhout-familie
Die Lourier, personeel en leerders van die Hoërskool Grens wil net baie
geluk aan mnr. Bezuidenhout en mev. Kruger sê. Hierdie
personeellede het hulle eerstelinge vanjaar gekry; beide van hulle is elk
‘n dogter ryker. Hoërskool Grens wens hulle geluk en vreugde toe; mag
hulle huise van geluk en geduld oorloop. (Slaap is tog nou vir die vol-
gende 18 jaar kortgeknip)
Ava Rose Kruger
Wanneer is sy gebore?
Ava is op 18 Augustus 2016 om 11:25 gebore. Sy weeg 3,9 kg en is 49
cm lank.
Wat is haar naam en wie het die naam gekies? Is dit dalk ‘n
familienaam?
Haar volle naam is Ava Rose Kruger en ek het dit gekies. Die tweede naam
kom van my ouma af.
Het ma-wees ‘n groot impak op Juf. se lewe gehad?
Dit het definitief n GROOT impak op my lewe gemaak. Alles gaan nou oor
haar en haar behoeftes en ‘n mens se eie behoeftes word eenkant gesit.
‘n Mens word minder selfsugtig.
Wat is die een ding wat Juf. graag aan Ava sal wil oordra?
Ek wil graag hê sy moet haar eie persoon wees. So ek gaan probeer om
nie enige van my eie geite en persoonlike voorkeure oor te dra nie. Ek
hoop en bid net dat sy haar pappa se “slim brein” geërf het, maar een
ding wat ek definitief sal wil oordra, is verantwoordelikheid. Ek is van
kleins af geleer om verantwoordelikheid te neem vir my dade al was ek
verkeerd. Ek dink dit is n goeie eienskap om te hê.
Kan Juf. se man darem goed doeke ruil of kan hy ten minste ‘n bottel
onder ‘n minuut maak?
Een ding is verseker: my man is een uit n duisend. Daar is min mans soos
hy in die wêreld. Hy doen omtrent alles. Hy is n baie hands on pappa.
Van dag een af is dit asof hy nog altyd ‘n pa was. Hy is gemaak om ‘n
pappa te wees.
Mieke Rehet Bezuidenhout
Wanneer is sy gebore?
Sy is op 17 Julie 2016 om 6:25 gebore.
Wat is haar naam en wie het die naam gekies? Is dit dalk ‘n familienaam?
Mieke Rehet Bezuidenhout . Ons het saam op haar naam besluit.
Haar tweede naam is ‘n familienaam.
Wat is sover die grootste uitdaging as ‘n ouer?
Ons is nog nie so lank ouers nie. So ons het nog nie regtig uitdagings gehad
nie. Mieke moes twee dae in die hospitaal bly wat baie erg was.
Het pa-wees ‘n groot impak op Meneer se lewe gemaak?
Ja, dit het ‘n groot impak op my lewe gemaak. My tyd is nie meer my eie nie.
Op die oomblik moet ons alles om Mieke reël. Ek doen dit met liefde omdat
alles wat ons van nou af doen, doen ons vir Mieke om haar lewe so goed
moontlik te maak.
Wat is die een ding wat Meneer graag aan Mieke sal wil oordra?
Geen persoon is belangriker as ‘n ander persoon nie. Ons almal is gelyk.
Op ‘n skaal van 1 tot 10: Hoe min slaap is daar in die huis?
Sal sê so 4. Mieke slaap darem in die aande (Dink Kylie sal met my hieroor
stry)
Wat was die eerste gedagte/emosie toe Meneer uitgevind het u vrou
verwag?
Ek dink nie ‘n mens kan dit in woorde beskryf nie.
Kan Meneer darem goed doeke ruil of kan Meneer ten minste ‘n bottel
onder ‘n minuut maak?
Jip, ek is ‘n pro in doeke!! Sy drink nog nie bottel nie.
Interact
Deur Henrike Saunders ONS EIE SPELKAMPIOENE!
Deur Tanika Thiart
“Helpende hande in ‘n stukkende wêreld”
Die jaar is amper verby en die Interactklub staan nog sterk! Die
Interact-lede het op die laaste Sondag van die vakansie aan ‘n Mandela
Dag-projek, georganiseer deur die Chavapri Café in Kings mall, Gonubie,
deelgeneem. Daar het die lede ongeveer 600 broodjies gesmeer wat vir
verskeie liefdadigheidsorganisasies op 18 Julie 2016 geskenk is. Die Spelathon-kompetisie is nie sommer iets wat jy oornag kan bemeester
nie. Dit neem dae en weke om ons leerders voor te berei. Die grade wat
deelgeneem het, is slegs graad 9 en 10. Almal het elke dag ‘n speltoets
geskryf om te bepaal watter twee deelnemers van elke graad na die kom-
petisie gaan deurdring.
Uit die graad neges het Anya Mackenzie en Domanique Humpel en uit die
graad tiene het Marilé Smit en Sherine van Zyl na die volgende ronde, waar
die kompetisie eérs begin het, deurgedring.
Die kompetisie het by Grey High in Port Elizabeth op 5 Mei 2016 plaas-
gevind, waar daar ‘n totaal van sewe skole deelgeneem het. Die spanning
was hoog en die saal vol mense. Daar was ‘n lang wag voordat die
deelnemers vorentoe geroep is om hul woorde te spel, maar soos ons
Grens-leerders almal weet, kry niks ons onder nie! Slegs twee leerders het
na die volgende ronde toe deurgedring.
Eerste plek – Sherine van Zyl (Gr.10)
Tweede plek - Marilé Smit (Gr.10)
Hierdie twee leerders neem aan die Nasionale Spelkompetisie op 8 Oktober
2016 deel. Harde werk lê voor en die spellys word net langer! Ons kan baie
trots wees op ons skoolmaats wat wonderlike prestasies bereik en ons skool
se naam hoog hou.
Hou so aan, Grensies!
In die derde kwartaal pak die Interactklub nog verskeie projekte aan
soos om ou tydskrifte en skryfbehoeftes in te samel, wat aan minder
bevoorregte kinders geskenk sal word. Gedurende die derde kwartaal
besoek ‘n groep dogters Greensleeves, ‘n plek van veiligheid. Dit is ‘n
kinderhuis vir kinders wie se ouers nie na hulle kan omsien nie. Anushka
Smith het vir hulle kolwyntjies gebak en sjokolade is uitgedeel. Daar is
met die kinders speletjies gespeel en almal het rondbaljaar. Die leerders
het ook ‘n begeleide toer gekry om te sien hoe word daar geleer, gespeel
en geleef. Ten spyte van die feit dat ‘n mens van ander se nood en jou
eie voorregte bewus word, was dit beslis ‘n genotvolle middag. Vir meer
inligting oor die kinderhuis besoek hul webtuiste www.greensleeves.eln.
co.za/ en raak betrokke.
Interact werk saam met die gemeenskap; vir die gemeenskap.
10