Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | Page 28
Tennis slaan af by die Hoërskool Grens
Deur Hannah Watson en Amori Matthee
Die nuwe jaar begin met ‘n ace!
Die Hoërskool Grens tennisspan, onder leiding van Juf. Kriel, vertrek
na Bloemfontein op 28 Februarie waar hulle aan die Fichardtpark ten-
nistoernooi deelneem. Die tennisspan is verteenwoordig deur:
Seuns: Wian Reyneke, Stefan Oosthuizen, Gideon Louw, Daniel Mat-
thee, Christoff Louw, Xander Greeff, John -Martin Clark, Deandre Ja-
cobs, Schalk Rademeyer en Dean van Zyl .
Meisies: Hannah Watson en Karlé Schoeman.
Die toernooi was ‘n reusesukses. Karlé sê: “Die Bloemfontein tennisto-
er was vir my baie lekker. Al het ek en Hannah as seuns gespeel, was
dit nog steeds baie lekker om al die nuwe gesigte te ontmoet en ons
het onsself geniet. Die plek waar ons gebly het, was baie mooi en het
lekker supertubes, swembaddens, tennis en put-put bane gehad.
Wian voeg by: “Die tennis daarbo is heeltemal in ‘n ander liga, maar
ons het nogtans vasgebyt en onsself geniet.”
Tennis is ‘n sport waar dit nie net gaan oor wen nie, maar om jouself
te geniet en om net jou beste te gee.
27