Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | Page 29
Wat beteken krieket vir jou?
Deur Celest van Zyl
Harold Larwood het een keer gesê:
“Cricket was my only reason for living”
en dis toe ek agtergekom het dat krieket
vir baie mense meer as net ‘n sport is.
As die meeste mense aan krieket dink,
dink hulle net dat dit maar net ‘n sport-
soort soos enige ander is, maar vir party
mense is dit hulle wegbreektyd na ‘n baie
stresvolle dag.
’n Manier om van hulle frustrasies onts-
lae te raak of dalk die enigste ding waar-
oor hulle regtig passievol is. Ek het met ‘n
paar krieketspelers gaan gesels en hulle
oor hulle krieketloopbaan gevra.
“Ek speel krieket om van al my frustrasies
ontslae te raak; ek dink as ek nie krieket
gehad het nie, was ek lankal mal”, sê Marné
Booyse, ‘n eerste meisiekrieketspanspel-
er. Marné het met krieket grootgeword;
so sy weet al ‘n ding of twee. Haar suster,
Kayla Booyse, speel ook saam met haar
krieket, dus kon hulle ook ‘n paar goed
by mekaar leer oor die jare se saamspeel.
Sy sê haar grootste droom vir krieket op
die oomblik is om in die Oos-Kaapspan te
wees.
“Dit gaan baie moeilik wees om die span
te haal ; die meeste van die meisies
28
waarteen ek gespeel het, was absoluut
briljant,” sê Marné toe ek vra oor die
proewe wat hulle gespeel het.
Marné se grootste passie is krieket; so sy
sal baie graag na skool krieket wil speel
en eendag op ‘n professionele vlak speel.
“Ek is meer van ‘n rugbymens, maar
krieket gaan meer daaroor om myself te
geniet, nuwe spanmaats te leer ken en
net lekker te kan lag.” het Sylvy Davids,
‘n eerstekrieketspanspeler, geantwoord
toe ek vir hom vra: “Wat beteken krieket
vir jou?” Sylvy se liefde vir rugby is groot,
maar hy het ten minste nog ‘n sagte plek-
kie vir krieket. Hy speel al vanaf ongeveer
nege jaar krieket wat vir hom al ‘n goeie
nege jaar se ervaring gee. Sylvy se groot
droom is om eendag ‘n professionele rug-
byspeler te word, maar hy sê as hy nie so
‘n geleentheid kry nie, sal hy baie graag
professionele krieket wil speel.
“If you ask why do I play cricket; I ask you
why you breath. Cricket isn’t something
that that you can fake, it’s a feeling , a
passion , a lifestyle.” – Shubhi. Soos julle
kan sien, is krieket vir mense nie net eni-
ge sportsoort nie .