Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | Page 27
Muurbalspelers van 2019!
Die sport is vinnig aan die groei met die hulp
van ons nuwe gr.8-leerders. Gou is hulle deur die
muurbalfamilie verwelkom. Ons nuwe onder-
wyser, juffrou H. Ferreira, is ook met ope arms
ontvang. Die leerders het gou ingespring om die
nuwe graad aggies te leer speel en stadig, maar
seker het hulle gou begin regkom.
Elke middag loop die muurbalspelers na ‘n oe-
fening met groot trots en vrede in hul harte en
reg vir die volgende oefening. Dit is ook te danke
aan mnr. Tim wat ons die reëls van muurbal leer
dat ons klein familie so goed doen. Die matrieks
help die jonger kinders ook graag met die ver-
beteringe van hul oefeninge. Daar is baie harde
oefening wat vir die leerders voor lê. Mense sou
dink jy moet net die bal teen die muur slaan,
maar min weet hulle daar is baie hardloop en
gewrigsoefeninge nodig om dit te kan voltooi.
Die muurbalspelers is altyd vol grappies, maar
weet hoe om op die regte tye verantwoordelik
te wees. Saam sal ons altyd ‘n familie wees.
26