Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | Page 20

Valentynsokkie Deur Kristen Labuschagne Dit was weer daardie tyd van die jaar wanneer liefde in die lug hang en almal vir die spesiale persoon in hulle lewe wil sê hoe hulle voel. Dit is Februarie en tyd vir die jaarlikse Valen- tynsokkie. Die sokkie was soos gewoonlik ‘n pretvolle aand vir die leerd- ers. Daar was ‘n DJ wat seker gemaak het dat almal kon dans op die musiek wat gespeel is. Juffrou Scheün het foto’s van al die paartjies en ook van groepe maats geneem. Daar was ook ‘n snoepie waar jy lekkernye kon koop. Ek is seker almal het die wonderlike sokkie geniet en dat hulle uiteindelik ‘n dans met die spesiale persoon in hulle lewens kon kry. 19