Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | Seite 19

Maanskyn en Rose deur Tammi Otto Ons almal weet hoeveel werk ‘n verhouding is, maar as jy iemand het wat vir jou belangrik is, sal jy maar die werk moet insit. Maanskyn en rose is alles behalwe waaroor ‘n verhouding gaan; dit gaan oor daar vir mekaar wees en om op ‘n slegte dag nog die moeite te doen om ‘n glimlag op jou metgesel se gesig te sit. Dit gaan oor net so nou en dan die minder belangrike mens te wees en jammer te sê omdat waaroor julle ook al gestry het nie belangrik in julle verhoudig is nie. ‘n Verhouding gaan oor haar hand ‘n bietjie stywer vas te hou as jy hoor dit reën, want jy weet sy is bang vir die donderweer. Dit gaan oor in ‘n vertrek inloop en vir sy/haar gesig uit ge- woonte te soek. Dit gaan oor die soentjies wat hy vir jou blaas as hy op die rugbyveld speel en die Deep Heat wat jy reg hou vir as hy klaar geoefen het. Liefde gaan nie net altyd oor lag of gesels nie, maar ook oor trane en stilte, nie net oor die goeie en die gelukkige tye nie, maar ook oor die siek en die hartseer. So as ek vir jou een ding van liefde kan sê, is dat dit ‘n bietjie van als is: dis ‘n bietjie pyn saam met jou plesier; soms ‘n bietjie trane saam met jou lag. Ek belowe: net so nou en dan is dit ‘n bietjie maanskyn met jou rose... 18