Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | Page 18
Voortrekkers
Deur Corné Vosloo
2019 begin op so ‘n vinnige noot dat ons skaars tussen
al die aktiwiteite deur kan asem haal.
Ons het met ‘n Waatlemoenfees by die skool se swem-
bad die jaar se aktiwiteite begin.
Die graad 8’s se Wakkerbly-aand is met pret gevul en
hulle het Die Voortrekkers se stalletjie baie
geniet. Ons uitstalling van ‘n kamp en speletjies is
goed ondersteun.
Die Boknes Verkennerskamp was vanaf 16 tot 22
Maart. Mariesa Kotze, graad 9, het die Strandver-
nuf-kenteken gedoen. Die graad 10’s, Anika Kotze,
Luan Roodt en Corné Vosloo, het die Voetslaner en
Afrikaner Geskiedenis-kentekens gedoen.
Die Kommando Jeugleiers vir 2019 is Anika Kotze en
Corné Vosloo.
“Hou Koers” is ons leuse; so moenie jou oë laat dwaal
en jou doelgerigtheid in die lewe verloor nie.
17