Lourier Eerste Uitgawe 2019 Lourier Eerste Uitgawe PDF 2019 | 页面 17
VCSV
Deur Aimee Odendaal
Dis weer Donderdag en daar is VCSV voor pouse.
Die aktiwiteit waarna elke leerder op ‘n Donderdag uitsien,
is daardie 45 minute van sing, dans, prys en aanbidding.
By die VCSV is ons ‘n familie wat hartseer en geluk deel en
selfs as daar ‘n traantjie val, maak ons seker ons vang die
trane.
In die VCSV het ons ag wenke geleer van hoe om ‘n
volwaardige leier te wees:
• Verantwoordelikheid
• Leiding
• Voorbeelde stel
• Bou op en ondersteun
• Vetrou en verander
• Eerlikheid
• Regverdigheid
• Integriteit
VSCV gaan nie net oor die dans en sing nie. Die leerders
kry die geleentheid om hulself te vind, bou aan hulle ver-
houding met God en versterk hulle menswees. Die VCSV
het ‘n spreekwoord wat lui: “When you feel like drowning,
just remember your lifeguard walks on water.”
16