Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 4
hoofredaksie
hilde steyl - graad 12
tanika thiart - graad 11
luan oelofse - graad 12
aimee odendaal - graad 11
tiffany barnard - graad 11
Wie inspireer jou elke dag?
Somila Mkonto - My ma, want sy is die rede hoekom ek op die aarde is en sonder haar sou ek verseker nie
die persoon wees wie ek nou is nie. Sy is alles wat ek eendag wil word. Niks kry haar onder
nie en wanneer ek in haar oë kyk, sien ek net liefde, omgee en ondersteuning.
Erica Dreyer -
Die natuur, want dit leer my om elke dag te groei en nie te kompeteer met ander nie.
‘n Blom kompeteer nie met ander nie, maar blom net.
Hilde Steyl -
Mense soos die hardwerkendes, die mense wat ‘n verskil in ander se lewe wil maak, die
introverte en ekstroverte, die passievolle en dramatiese mense, die studente, die onder
wysers, die politici, die predikers, die gelowiges, die dromers, die leiers van ons wêreld,
die ruimtevaarders, die kampioene en die waarheid soekers.
Luan Oelofse -
My pa, want hy inspireer my elke dag om beter te wees. Hy is ‘n hardwerkende mens wat
elke liewe persoon met respek en liefde hanteer. Ek streef om eendag soos hy te wees.
Tanika Thiart - God, want ek is deur alles instaat deur Hom wat my krag gee.
Aimee Odendaal - God, want Hy is my krag en beskerming. Dit is Hy wat my gered het.
Tiffany Barnard - My ma, want wie en hoe sy is, is wat ek graag wil wees.
Juffrou Prinsloo - My sussie en verloofde inspireer my. Adele inspireer my om aan my beginsels vas te klou
en te streef na die toekoms wat ons elkeen verdien. Sy glo hardewerk word beloon. Mario
inspireer my om elke dag net nader aan God te leef en saam met God is ons ‘n wenspan.
Juffrou Visser - Koffie en tjoklets, want hulle vra nie vrae nie!