Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 5
grens se pretdae
Grens se pretdae
deur Anje du Toit
Grens blink nie net uit op die sportveld en akademiese veld nie, maar ons het ook prettige tye by ons skool.
Ons het dié jaar met ‘n atletiekbyeenkoms afgeskop. Leerders het getuig dat die dag vol gees en pret was
wat hul te beslis sal koester. Dit was ook vir hul ‘n geleentheid waar hul hul vriende kon ondersteun en hul
Godgegewe talente kon uitleef. Baie van ons Grens-atlete het goue medaljes ontvang en blink uit met die
Here se hulp bo die res van Oos-Londen se atlete.
Daar was ook natuurlik die graad 8-kamp. Baie graad 8’s het gesê hul weet nie wat om te verwag nie,
maar dat hul elke oomblik geniet het en baie geleer het hoe om as ‘n span saam te werk. Veral om as ‘n
span die swaar toue strand toe te dra én terug.
Die Wakkerbly-aand was ook n genotvolle aand, maar die onsekerheid wat vir die graad 8’s in die donker
gang gewag het, was ‘n ander saak… Die graad 8’s sê ook dat die hoërskool anders is, maar lekker
avontuurlustig. Dit is ook lekker om nuwe mense te ontmoet en vriendskappe te bou.
Valentynsdag en die Valentynsokkie was ook vir die meerderheid lekker, maar daar is vir ‘n paar van die
leerders onsekerheid gelaat aangesien hul nie geweet het wie hul anonieme skrywer/skenkers was nie. Die
sokkie was ook opwindend met die pryse wat te wen was en die lekker musiek waarop almal hul heupe
geswaai het. Ek is seker daar het na dié dag ‘n paar nuwe liefdespaartjies begin blom.
Die VSCV se praise en worship-geleenthede vanjaar was ook vir sommige leerders ‘n kans om te besef waar-
oor die lewe eintlik gaan en ook om weer net nuwe krag van Bo te kry. Dit is ook vir baie van ons ‘n tyd om
net stil te word en ‘n bietjie van af die skoolwerk te ontsnap.
Behalwe vir Grens se geleenthede is die tye in die klaskamers ook nie so vervelig nie. Vir die Bybelperiode
het een klas op Die Dek gaan sit en oor die Here se woord gesels.
In ‘n ander Bybelklas het talentvolle graad agt seuns Perfect van Ed Sheeran uit volle bors gesing.
Toesigklasse is ook altyd heerlik - nie net om vinnig huiswerk vir die volgende periode af te skryf nie, maar
ook om as ‘n graad 12-klas geld in te samel om snoepietoffies te gaan koop. Die lekkerste is om as ‘n klas
saam te kla oor die tonne werk en aandag wat die onderwysers van ons verwag.
Dit voel ook asof jy die jackpot geslaan het as jy toesig by ds. Van der Walt het, want dan is dit tyd om Top
Gear te kyk of dalk net musiek op Meneer se splinternuwe televisie te luister.
Alhoewel Grens op vele gebiede pret het, ervaar die meeste leerders elke dag die liefde van vriende en
onderwysers. Die ondersteuning wat ‘n mens elke dag ervaar, word deur die meerderheid van die leerders
gekoester.
SKOOL IS LEKKER!