Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 35
wenke
Eksamenstres
Deur Luan Oelofse
Elke leerder wat mik om goeie punte te kry, gaan deur eksamenstres. Dit is n groot deel van die lewe en jy kan nie
sommer daarvan onstap nie.
Wat is stres? Stres, op n eenvoudige manier gestel, is wanneer iemand (of jy) druk op jou sit om iets te doen of klaar
te maak. Gewoonlik onder leerders is dit om te presteer.
Stres word veroorsaak deur:
•
lae motiveringsvlakke;
•
n gebrek aan voorbereiding en beplanning;
•
hoë verwagtinge van ouers of voogde;
•
kompetisie tussen vriende.
Hier is n lys van tien verrassende maniere om eksamenstres te oorkom:
1.
Luister na klassieke musiek.
a.
Voorbeelde van klassieke musiek is Mozart, Bach en Beethoven (onder andere).
2.
Voor - en nadat jy leer, kan jy n kort stappie vat om jouself te kalmeer. (Dit werk ook voordat jy skryf.)
3.
Speel met bubble wrap of met klein hondjies.
4.
Begin vroeg voor die tyd leer.
5.
Sorg dat jy genoeg slaap inkry.
6.
Speel op jou foon of rekenaar nadat jy geleer het.
7.
Eet donker sjokolade.
8.
Isoleer jouself van enige afleidings.
9.
Leer in plaas van om TV te kyk.
10.
Wees aktief en oefen terwyl jy leer.
As jy nog steeds 'n bietjie onrustig voel, onthou:
Moenie stres nie; doen jou bes en God doen die res.
Oorlewenswenke by Hoëskool Grens
deur Aimee Odendaal
By Hoërskool Grens is daar soms dae wat jy voel jy gaan nie die dag oorleef nie, veral as jy weet jy het ‘n dubbel SKOON
Wiskunde periode eerste; dis Maandag en daar is nie saal nie. So die periodes gaan ekstra langer wees. Om alles nog ‘n stap
verder te neem, sit jy ook nog met ‘n erg kopseer. Hier is ‘n paar wenke om jou hoërskoolloopbaan te oorleef:
•
Maak seker jy is wakker as jy by juffrou Bosh se klas instap.
•
Moet nooit in juffrou Dreyer se klas afkyk nie.
•
Moenie daaraan dink om met kougom in meneer Coetzer se klas in te stap nie en moet ook nie op jou arms lê of
jou kop met jou hand ophou nie, want hy gaan vir jou sê jy het ‘n nek gekry om jou kop op te hou.
•
Moet nooit te hard oor jou persoonlike lewe in die klas praat nie, want jy weet nooit wie afluister nie, veral die
onderwysers.
•
Maak seker jy is reg geklee soos die skoolreëls sê voordat jy verby juffrou Knickelbein se klas loop.
•
As jy by juffrou Scheün Wiskunde kry, maak seker jy sit nie op ‘n Vrydag detensie nie, want Juffrou sê altyd jy gaan
nie tien minute vroeër uit die Wiskundeklas uitstap net omdat jy detensie sit nie.
•
Maak seker jou kraag is netjies as jy verby juffrou Cerff loop anders gaan jy net “kraag” hoor nog voor jy haar wou
groet.
Aan die einde van jou skoolloopbaan besef jy dat die onderwysers jou nie eintlik gehaat het nie en eintlik baie oor jou omge-
gee het en jou vir die grootmenswêreld daar buite wil voorberei. So as jy weer hoor jy word na juffrou Knicklbein se kantoor
geroep, is dit eintlik dat sy jou die regte manier van mens wees wil leer. So waardeer dit en geniet die res van jou skoolloop-
baan.