Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Página 34

waterkrisis Waterkrisis raak ons almal Hilde Steyl Soos die meeste van ons reeds weet, is daar ‘n waterkrisis in groot dele van die Wes-Kaap. Met damvlakke wat nog steeds onder die 40%-vlak is en met die reënseisoen reeds verby, word die waterverbruik al hoe strenger beperk. In die nabye toekoms gaan daar ‘n beperkte hoeveelheid water vir die Kapenaars vir huishoudelike gebruik asook landbouproduksie oor wees. Dit begin die res van Suid-Afrika ook beïnvloed. Hoe gaan die boere hul lande natmaak? Hoe gaan ons water vir voedselproduksie hê en watter stappe kan ons volg sodat Suid-Afrikaners saam sal staan om water te spaar? Die tegnologie om die water te suiwer sodat dit bruikbaar kan wees, is nie die probleem nie. Die probleem is egter om te erken dat ons dinge anders moet doen. Ons moet uitwerk hoe om hierdie projekte te finansier aangesien die tegnologie, wat ons nuwe generasie ontwikkel, ongelukkig duur gaan wees. Volgens die ISS, The Institute for Security Studies, skat die navors- ers dat die land se watertekort teen 2030 gaan verdriedubbel. ‘n Lid van die ISS, Jakkie Cilliers, het gesê dat ons op die oomblik ‘n ernstige watertekort in Suid-Afrika het en dat dit gaan toe- nemend teen 2030 – 2035 groei. Die waterkrisis vorm 'n risiko vir 'n lewendige toerismebedryf waar daar elke jaar byna twee miljoen besoekers na Suid-Afrika kom en Kaapstad besoek. Nog probleme is dat daar waterpype is wat lek en gebreek is. Al sou die hierdie pype reggemaak word, sou ons nog steeds nie genoeg water vir almal se behoeftes kon hê nie. Die bevolking groei vining. Dit beteken dat ons met oplossings vorendag moet kom om water te spaar en nuwe bronne vir water, soos ontsoutingsaanlegte, te ontwikkel. Hierdie tegnologie word reeds baie suksesvol in lande soos Israel gebruik om vars water uit seewater op ‘n massaskaal te ontgin. Vyf Stappe om water te spaar: Het jy geweet dat die gemiddelde gesin elke dag tot en met 250 liter water gebruik? Daardie 250 liter sal genoeg wees om die bad amper, of dalk meer as twee keer, in te tap. Moenie geld mors deur onnodige watergebruik nie. 1. 2. 3. 4. 5. Draai die kraan toe wanneer jy skeer of jou tande borsel. Jy sal amper ag liter water per dag spaar. Maak waterpype en toilette, wat in die huis lek, reg. Moenie net een bord of koppie was nie. Maak seker dat daar ‘n groot genoeg hoeveel- heid skottelgoed is sodat jy alles op eenslag kan was. Gebruik jou badwater om die plante in die tuin nat te maak. Stort korter. Saam kan ons die watertekort verlig en Suid-Afrika weer saambring waar ons nie enige bekom- mernisse oor water hoef te hê nie.