Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 33
ons ysterman
Meneer Engelbrecht, ons eie ysterman!
Deur Liesl Dreyer
Die eerste vraag is: wat was Meneer se eerste gedagte of gevoel toe Meneer die resies klaarge-
maak het?
Ek kon dit nie glo nie! Dit was ongelooflik rof en dit was baie moelik.Toe ek klaar was, het ek besef dit was die moeite
werd om die wenstreep te behaal. Ek was baie verlig.
Omtrent hoeveel uur ’n dag moes Meneer geoefen het?
Ek het gewerk op so 2 ure ’n dag en dan die laaste twee maande het ek probeer om so twee ure, ’n oggendsessie
en ’n middagsessie, in te sit.
Het Meneer enige van hierdie sportsoorte op skool gedoen? Swem, hardloop of fietsry?
Nooit! Ek het swem op die laerskool gedoen, glad nie op hoërskool nie en ek het begin draf toe ek begin rugby
speel het, omtrent 4 kilometer 2-3 keer ’n week. En toe na skool het ek so ‘n bietjie verder begin draf, omtrent 5-6
kilometer en die laaste twee jaar het ek 8-9 kilometer begin draf, wat nie so ver is nie,maar ek is gemaklik daarmee.
Watter van die drie sportsoorte geniet Meneer die beste?
Die draf. Ek geniet die draf baie,want met swem kan jy verdrink en met die fietsry kan jy afval.So dit is die maklikste
om nie met die hardloop seer te kry nie.
Wat of wie is Meneer se grootste inspirasie?
Ek het aan ’n driekampkompetisie deelgeneem en daar was ’n oom wat dit sonder bene gedoen het. Hy het geswem,
hy het fietsgery met ’n stoel wat hulle vir hom gemaak het; hy het 40 kilometer met sy skouers gery. Met die hard-
loop het iemand hom in ’n rolstoel gestoot en ek het gedink as hy so iets kan doen, kan enige iemand dit doen.
Tydens watter deel van die kompetisie het Meneer gevoel Meneer wou opgee en wat het Meneer
aangemoedig om aan te hou?
Met die draf-afdeling het ek begin om baie krampe te kry en ek het gedink: ‘Ek gaan nie ophou nie. Al loop ek die
hele resies gaan ek deur daardie wenstreep loop, want as jy iets doen,maak jy dit klaar.’
Is Meneer van plan om volgende jaar weer deel te neem?
Ja, definitief. Dit raak verslawend,want elke jaar wil jy beter word.Jy voel goed elke keer wat jy beter word.
Het Meneer alleen deelgeneem of saam met familie of vriende?
Ek het saam met familie en vriende deelgeneem. My grootste motivering was toe ek dit saam met my broer kon
doen, want ek en hy het ’n baie goeie verhouding en ons motiveer en ondersteun mekaar baie.
Hoe het dit gevoel om die Grensies as ondersteuners te sien?
Dit het ongelooflik goed gevoel.My energievlakke het sommer verdubbel.
Ons kon sien Meneer het begin vinniger hardloop. Laastens; as Meneer u ervaring van die Iron
Man in een woord kon beskryf: wat sal daardie woord wees?
Deursettingsvermoë. ’n Mens het baie deursettingsvermoë nodig.
Ons Grensies hoop regtig dat Mnr. Engelbreght sal aanhou om nog sukses te behaal!
Ons sal Meneer elke tree ondersteun. Meneer is ‘n ysterman !