Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 32

welkom by ons Juffrou Claasens deur Luan Oelofse Juffrou Claasens is in Vereniging gebore en het in Potchefstroom na die Noordwes-Universitiet studeer. Juffrou Claasens wou oorspronklik eers Kriminologie studeer het, maar het besluit dat onderwys haar passie is. Waarom wou Juffrou oorspronklik Kriminologie studeer het? Dit is baie interessant vir my. Die psiologiese aspek gemeng met die wetlike aspek het my net geprikkel, maar toe ek op univeristeit kom, het ek geweet ek moet onderwys doen. Was dit n aanpassing vir Juffrou om Oos-Londen toe te trek? Glad nie. Ek hou van nuwe uitdagings en het redelik goed by Hoërskool Grens aangepas. Vertel hoe Juffrou en juf. Nortman vriende geword het. Ons ken mekaar al ‘n rukkie, maar het onlangs goeie vriende geword. Wat is Juffrou se nuwejaarsvoorneme? Weet jy, ek het nie regtig een nie. Elke dag is ‘n nuwe begin. het juffrou ‘n gunsteling klas? Ek geniet my graad 11-klas baie. Interessante feite van Juffrou Claasens: 1. Juffrou Claasens hou van dans, skilder en die natuur. Sy is lief vir die strand en see en wil graag leer om te surf. 2. Haar gunstelingsport is hokkie en sokker maar sy is ‘n Chelsea-( Premiere League) en FC Barcelona-(LaLiga) ondersteuner. 3. Sy is n food junky, maar is veral lief vir sushi, pasta en pizza. Enige iets behalwe Bully Beef. 4. Juffrou Claasens is opgelei om Lewenswetenskappe vir die seniors en Natuurwetenskappe vir die juniors te gee en is ook opgelei om Visuele Kunste te gee. Juffrou Nortman Deur Engela Jordaan Juffrou Nortman is ‘n jong dame wat vanaf Pretoria kom. Hoërskool Waterkloof is waar sy haar hoërskoolloop- baan klaargemaak het en sy het toe verder op universiteit gaan studeer. Almal het verskuilde talente - juffrou Nortman s’n is dans en ballet. Dié juffrou se passie is om iemand in die lewe te laat glimlag. Wat haar die kwaadste maak, is kinders wat altyd ‘n antwoord vir alles het en dink hulle is slimmer as die onderwyser. Tussen skool gee, hou Juffrou baie van strand toe gaan en boek lees. Haar gunstelingboek is Aragon. Sy hou ook baie van flieks en haar gunstelingfliek is Lord of the Rings. Tyd saam met vriende deurbring, is ook baie lekker. Juffrou Nortman sê: “My gunstelingkinderherinnering was op my derde verjaarsdag toe ek ‘n massiewe koekhuisie met baie lekkers op die dak gehad het. Ook toe ek altyd vir my ma gevra het hoekom het sy krake op haar gesig.”