Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 31

onderwysers Ligte, kamera… BABA! Deur Somila Mkonto Ons gesels ‘n bietjie met Juffrou Van den Bergh oor haar toekomstige babadogtertjie. 1. Wat is Juffrou se gunstelingswangerskapkos? Soetgoed! Ons baba hou vreeslik baie van soetgoed. 2. Weet Juffrou al wat die baba se naam is? Nee, ons is nog nie seker nie. Ons besluit nog. 3. Watter morele waardes wil Juffrou aan u babatjie oordra? Eerlikheid, opregtheid en selfdissipline. 4. Hoe gaan Juffrou die babakamer versier? Ons het pragtige houthasies gekoop en ons het toe besluit om die tema hasies te maak. Ons dink ook aan sagte pastelkleure. Ek beoog om dit neutraal te hou. #genderequality #nogenderstereotypes 5. Wat is Juffrou se grootste vrees oor moederskap? Dat daar iets met baba gebeur wat buite my beheer is. Ons wil ons dogtertjie beskerm en veilig hou aangesien die wêreld vol misdaad is. 6. Wanneer het dit eintlik vir Juffrou getref dat Juffrou swanger is? “Is ek swanger?” (Giggel Juffrou grappig) Vanaf my maag begin wys, raak dit realiteit. Aan die begin was dit vreemd, maar dit het nou ingesink. 7. Watter eienskappe hoop Juffrou erf die babatjie van Juffrou en oom Juan? Kreatiwiteit en oë van my af. Geduld en hare van oom Juan af. Matriekafskeid: ‘n voorsmakie Deur Mia Mulder Die volgende onderwysers is by die matriekafskeid betrokke: • Juf. Van der Walt • Juf. Hollander • Juf. Koen • Juf. Pieterse • Juf. Prinsloo Ons het twee van die b