Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | страница 30
onderwysers
JUFFROU SIMMS KRY ‘n MAATJIE VIR HAAR DOGTER
DEUR DEVANDREA VAN DER SANDT
Ons voer graag ‘n onderhoud met Juffrou Simms wat nog ‘n baba ryker gaan word.
1. WANNEER HET JUFFROU DIE GOEIE NUUS UITGEVIND?
Die dag wat die skool begin het. Wat ‘n goeie manier om ‘n jaar te begin!
2. HOE VOEL JUFFROU OOR DIE IDEE DAT DAT DAAR NOG Ń KLEINTJIE IN DIE HUIS GAAN
WEES?
Ek is baie opgewonde dat my meisiekind ‘n maatjie gaan kry. Ek is baie dankbaar vir my eie boetie en
hoop dat my meisiekind (Miané) ook bly oor haar boetie of sussie sal wees.
3. HOE VêR IS JUFFROU VERWAGTEND?
Die baba behoort in Augustus daar te wees.
4. WAT WAS DIE EERSTE DING WAT DEUR JUFFROU SE KOP GEGAAN HET TOE JUFFROU UITVIND
JUFFROU IS SWANGER?
Dankie tog, ek hoef niks behalwe doeke en klere te koop nie! Babas/kinders is DUUR!
5. HOE VOEL JUFFROU OOR DIE SLAPELOSE NAGTE WETEND DAT JUFFROU ALREEDS DAARDEUR IS?
Ek funksioneer relatief goed in ’n ‘mombie’ (mom+zombie) mode. So nog ‘n paar keer ekstra opstaan
in die nag… Nee wat, ek doen dit al toe oë.
6. GAAN HY OF SY N GRENSIE WEES?
Ja, definitief.