Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 36

positiwiteit

DIE MUUR VAN POSITIWITEIT Deur Ngcali Ndora
Deur jou toetse, probleme en moeilike dae kan jy net deur die bladsy blaai en kyk watter aanhaling jou medeleerders gebruik om hul dag te oorleef. Van die leerders vir die leerders.
Die dag mag moeilik word; die probleem erger. Jy mag dalk voel asof die hele wêreld om jou draai op maniere wat jou gefrustreerd maak; Daar is tye wat jy opgee, maar voor jy opgee, onthou: van al die goeie dinge; al jou sterkpunte. Onthou: dat die son wel sak en dat die son wel weer opkom. Weet dat jy God het; weet dat Hy daar vir jou is. Hy verstaan jou in tye wat jy voel niemand verstaan jou nie. Byt vas; daar is n lig aan die einde van elke tonnel.
Wees soos sonneblomme en kyk altyd na die son- met ander woorde na die helder kant.
Belowe my dat jy altyd sal onthou: jy is dapperder as wat jy glo, sterker as wat jy voor kom en slimmer as wat jy dink.
Net omdat sukses later kom, beteken dit nie dat God vir jou vergeet het nie. Sy tydberekeninge is altyd perfek.
Gister is nie ons s’ n om te herstel nie, maar môre is ons s’ n om te wen of te verloor. Elke dag sal nie goed wees nie, maar daar sal altyd iets goed in elke dag wees.
Die geveg waarmee jy besig is, is nie voorsien deur die woorde of aksie van die ander nie; dis voorsien deur die gemoed van diegene wat dink dis belangrik.
Soms is die vraag ingewikkeld en die antwoord eenvoudig # WISKUNDE. Moenie stres nie. Doen jou beste en vergeet van die res.