Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 25
tennis & krieket
GEES KOM VAN TENNIS SPEEL!
deur Somila Mkonto
Die eerste tennisspan het op hulle jaarlikse toer na Bloemfontein gegaan waar hulle weereens Hoërskool Grens se naam
hoog gehou het! Hierdie leerders, seuns en dogters, het aan ‘n toernooi by Grey College deelgeneem waar hulle hul
uithouvermoë vir die ander skole gewys het. Grens het ‘n vierde plek in die toernooi gekry. Dit is ’n uitstekende prestasie
aangesien daar meer as 14 skole deelgeneem het!
Baie geluk aan Hannah Watson wat vanjaar as lid van die span gekies is. Ons glo dat jy vinnig in die span sal aanpas!
Sterkte vir die jaar wat voor lê. Ons weet dat julle sal aanhou om op die tennisbane ons naam hoog te hou en glo dat
julle Grens se gees aan die gang sal hou!
ons loer in by die krieketmeisies!
deur mika coetzer
Ons het onlangs by die talentvolle krieketspelers, Zandré Nel en Charlize Stötter, gaan inloer.
Zandré:
Wil jy nog krieket speel wanneer jy klaar skool is?
As ek goed genoeg is, sal ek graag krieket na skool wil speel.
Wie is jou held?
AB de Villiers
Hoe het die krieketseisoen vir julle verloop?
Dit het sy op - en aftye gehad, maar oor die algemeen heel goed.
Wie het jou geïnspireer om krieket te speel?
My ouers.
Op watter ouderdom het jy begin krieket speel?
Op sesjarige ouderdom.
Watter goeie advies kan jy aan jong krieketspelers gee?
Werk hard en daag vir al die oefeninge op.
Charlize:
Is krieket ‘ʼn moeilike sport om te speel?
Nee
Wat is mense se reaksie as hulle hoor jy is ʼn krieketspeelster?
Mense se eerste reaksie is dat hulle baie verbaas is omdat hulle slegs dink dis ‘n seunsport.
Wie is jou gunstelingkrieketspeler en hoekom?
AB de Villiers, want hy gee nooit op nie en hy is altyd positief.
Watter span was die moeilikste om hierdie seisoen teen te speel?
Hudson Park
Hoe het julle span gevaar?
Ons het die meeste van ons wedstryde verloor, maar na elke wedstryd beter as ‘n span saamgespeel.