rasieleiers
Rasieleiers deur Mia Mulder
Ons rasieleiers van 2018 is:
• Rowico Spittal
• Payton Syse
• Francei Müller
• Jenny van der Westhuizen
• Simoné Brenkman
Die volgende vrae is deur die rasieleiers beantwoord:
1. Wat is julle doel vir 2018 se sportgees by sportbyeenkomste? Om die gees tussen die Grens-leerders terug te bring en om vir die ander grade te wys hoe dit vir ons in graad 8 was. Ons wil weer `n sterk tradisie begin.
2. Hoe beplan julle as rasieleiers om ons Grensies na sportbyeenkomste te lok? Adverteer is die sleutel. Ons sal seker maak dat die gees tussen ons rasieleiers sterk is sodat mense daarvan deel wil wees en om soveel moontlik geesbougeleenthede te reël om te verseker dat die leerders asook die onderwysers van alle geleethede bewus is.
3. Wat is julle plan om die verskillende sport en kultuur te ondersteun? As dit op dieselfde tyd is, sal ons seker maak dat daar ten minste die helfte van ons rasieleiers by elkeen sal wees. Ons sal die kultuur en die sport adverteer. Nie een sal voorgetrek word nie. Ons wil poog om dit gelyk te hanteer.
4. Dink julle dit sal `n goeie idee wees as die matrieks julle met die geesbou by sportbyeenkomste help? Motiveer julle antwoord. Ja, beslis! Hoe meer stemme hoe beter.
Ons leer ook ons rasieleiers beter ken:
Rowico Vraag: Wie is jou rolmodel? Steven Kitshoff
Payton Vraag: Watter onderwyser / onderwyseres is jou gunsteling?“ Barries”- Mnr. Barnard
Francei Vraag: Wat is jou grootste droom?“ My grootste droom is om so lig moontlik te lewe, kaalvoet te loop asof my voete die aarde soen en om gelukkig vir die res van my lewe te wees.”
Jenny Vraag: Wat is jou planne vir die toekoms?“ My planne vir die toekoms is om in geluk en liefde suksesvol te wees en om nooit `n vervelige oomblik te hê nie.”
Simoné Vraag: Wat verpes jy van mense?“ Ek verpes nie rêrig iets van mense nie, maar as ek iets moet kies, is dit valsheid.”
5. Watter opsies het julle in gedagte om te volg as leerders met geesbou nie wil saamwerk nie? Ons vestig `n lojaliteitsprogram om die beste ondersteuners van die week / dag / naweek te kies en hulle sal `n ietsie kry. Dit is nie so blatant soos omkopery nie, maar tog is dit‘ n uitdaging. Ons soek almal se samewerking; die gees lê nie net by die rasieleiers nie, maar by elke leerder in die skool. Ons soek trotse Grensies met `n gees wat skrik vir niks nie.