Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 19

marimbas onderhoud met ons Marimba-koningin Shannon Opperman 1. Wat is Juffrou se hoogtepunt vir die jaar? Die toer natuurlik! 2. Waarheen gaan Juffrou-hulle toer? Ons vlieg na Johannesburg toe om aan die Internasionale Marimba-en steelpan-kompetisie deel te neem, maar dan doen ons ook lekker dinge soos om Gold Reef City, Bounce Incorporated en die Monte Casino te besoek om by laasgenoemde te yskaats. 3. Hoekom het Juffrou besluit om ‘n marimba-orkes te begin? Om hierdie instrumente te kan speel, het jy nie ‘n musiekagtergrond nodig nie. Enige iemand kan die marimbas speel as jy ritme het; dus was dit ‘n logiese keuse… en dis lekker!!! 4. Wat is Juffrou se opinie oor iemand wat nie ‘n geldige verskoning het om by ‘n oefening uit te kom nie? Dan moet hy/sy maar die orkes los; so ‘n persoon is dan nie in die orkes welkom nie. Om aan enige orkes of spansport deel te neem, vereis volgehoue toewyding en respek vir die medelede.Indien jy besluit jy gaan nie ‘n oefening bywoon nie, stel jy almal in die groep teleur; nie net die dirigent of afrigter nie. 5. Wat is Juffrou se motto vir die jaar? Dink, doen en droom!