Lourier Eerste Uitgawe 2018 LOURIER TWEEDE UITGAWE DESIGN 2 met fotos | Page 18

drama

Dramatiese Kunste is nie net om’ n paar woorde op te sê nie Erica Dreyer
As iemand vir jou vra watter vakke jy neem en jy gee die antwoord: Drama, dink hulle dat dit’ n maklike vak is waar jy net rondspring en’ n paar woorde hoef op te sê. Ek wil graag poog om daardie mense se siening te verander.
Hierdie vak is soveel meer as net’ n paar woorde opsê. Dit bevat’ n groot klomp teorie waaroor jy eksamen moet skryf. Die werk behels dat jy’ n klomp verskillende soorte teaterstyle van drama leer.’ n Mens leer oor die drama wat handel oor teater en drama van al die antieke Grieke, van die jare voor Christus tot Gestroopte en Epiese teater van die apartheidsjare.’ n Mens leer nie net oor die teaterstyle nie, maar ook oor die sosio-politieke omstandighede van die teaterstyle en die tydperke daarvan.
Dit laat jou toe om op’ n ander manier te dink, om met ander te werk, jouself te wees, om uit jou boksie uit te klim en jouself voor ander mense te kan uitdruk.
Ek het’ n paar matrieks gevra om hulle ervaring te deel:
“ Drama help jou die wêreld op’ n dieper manier sien en jy vind jouself en leer om jouself op verskillende maniere uit te beeld.”- Simone Brenkman
“ In die Dramaklas is ons nie net leerders nie; ons is’ n gesin wat mekaar ondersteun. Dit maak deure oop wat jou as mens laat groei. Dit maak jou van dinge van die verlede asook die hede bewus. Dit dien as insig op’ n prentjie van die wêreld en net soos jy dink jy weet wat aangaan, trek dit jou in en jy word deel van die groter prentjie. Ook van die leefstyl wat jou uniekheid laat blom.”-Maurilize Geyer
“ Drama is baie werk, veral die teorie. Maar ons word beloon deur om in elke 9-dag-siklus twee periodes vir praktiese oefeninge te kry. Ons bou karakters van kop tot toon en toneelstukke wat abstrak of realisties kan wees. Dit gee ons ook die geleentheid om in iemand anders se skoene te loop en hulle gevoelens te ervaar.”- Payton Syse
Drama is’ n groot deel van die kunstewêreld en as dit nie daarvoor was nie, sou Hollywood nie flieks kon maak nie, Disney World sou nie bestaan nie en daar sou eenvoudig nie televisies in ons huise gewees het nie. Die meeste mense dink Dramatiese Kunste is net’ n vak en net’ n paar woorde wat jy op’ n verhoog moet opsê. Dit is soveel meer, soos die leser hierbo kan sien.
Het julle‘ Akkapella-groep’ gesê? Deur Corné Vosloo
Onder leiding van ds. Van der Walt word daar hard gewerk om ' n seuns Akkapella- sanggroep te stig. Die seuns het al ' n paar oefeninge gehad waar hulle begin om musiek te sif wat hulle moontlik sal kan gebruik. Dit lyk na ' n belowende groep seuns wat almal baie opgewonde is om die sanggroep by die beplanningsfase verby te kry sodat hulle uit volle bors kan begin sing.
Die stemme word getoets en ook watter instrumente hulle daarmee saam sal kan gebruik om reg te laat geskied aan die kwaliteit van sang wat hulle wil lewer.
Die belangstelling vir die sanggroep is oor al die grade versprei. Ons hoop dat daar wel ' n toekoms vir die sanggroep by ons skool sal wees en dat dit nie met ander kultuur-aktiwiteite sal bots nie.
Nou kan ons nie wag vir die eerste keer dat ons die groep sal hoor sing nie. Die seuns sal ' n heel ander atmosfeer skep met hulle stemme as wat ' n gemengde koor of slegs meisiekoor sal doen. Dit wys net tot watter diversiteit ons by Grens gaan. Warm op die stemme, manne en laat die klanke rol!